Pesbeheerder oorleef op termiete

'n Australiese pesbeheerder wat in die onherbergsame Wes-Australiese woestyn verdwaal het, het oorleef deur die goggas te eet wat hy gewoonlik uitroei.

Theo Rosmulder het daarin geslaag om vir vyf dae aan die lewe te bly deur termiete te verorber.

Die twee-en-vyftigerjarige Rosmulder, wat besig was om vir goud te prospekteer, is uiteindelik deur Aboriginele spoorsnyers gevind.

Die polisie sê hy was in 'n uitstekende kondisie toe hy gevind is.

Reddingswerkers, en Rosmulder, was besig om moed te verloor toe die spoorsnyers hom uiteindelik gevind het.

In weerwil van sy proteïnryke dieet, sê Rosmulder hy was baie swak en op die punt om boedel oor te gee toe hy die reddingswerkers sy naam hoor roep het.

пескоструй купить ценалобановский александр отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae