Oop grense is kranksinnig

Die uitspraak deur die sogenaamde minister van binnelandse sake, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, dat  Suid-Afrika nie sy grensbeheer gaan verskerp ondanks groot getalle onwettige immigrante wat oor ons grense stroom nie, is so wêreldvreemd dat dit aan die kranksinnige grens. Trouens, vergeleke hiermee was Mbeki se alternatiewe vigssienings hiperrasioneel en wetenskaplik verantwoordbaar.

Lees verder: Oop grense is kranksinnig

Kontaksport

Image'n Saluut aan Jeanette Koekemoer (en 'n behoorlike saluut ook, skerp op, handpalm na buite, wysvinger teen winkbrou, alles van die pinkietoppie tot die elmboog in een reguit lyn, en flink af; nie deesdae se Yank-styl, hou-jou-oog-toe tipe gebaar nie.) Sy het die feite behoorlik vasgevat in haar rubriek, TV-'dokumentêr' oor grensoorlog is suiwer kommunistiese propaganda .

Lees verder: Kontaksport

Suid-Afrika gaan nie grensbeheer toepas nie

Suid-Afrika gaan nie grensbeheer verskerp nie, ten spyte van die groot hoeveelheid onwettige immigrante wat die land binnekom, het die minister van binnelandse sake, Nosiviwe Mapisa-Nqakula Dinsdag gesê.

Lees verder: Suid-Afrika gaan nie grensbeheer toepas nie