praag.co.za

Turton verlaat die WNNR

Written by

in

"Die WNNR en dr. Turton het saamgestem in 'n vertroulike ooreenkoms dat die dienskontrak tussen hulle met ingang van 8 Desember beëindig word," het die gesamentlike verklaring gelui.

"Die ooreenkoms is afgehandel sonder enige erkenning van verantwoordelikheid deur enige party en die partye wens mekaar die beste toe in hulle onderskeie toekomsplanne."

Die besluit is in Pretoria geneem.

Turton is geskors in November nadat die WNNR hom gestop het om 'n toespraak te lewer oor die kwaliteit van Suid-Afrika se water by 'n konferensie.

Die WNNR se hoof, Sibusiso Sibisi, het gesê dat Turton se toespraak op daardie stadium onttrek is, omdat dit wesenlik verskil het van die geskrewe dokument wat voorheen bekendgemaak is.

Die WNNR se uitvoerende raad het dit as ontoepaslik beskou as gevolg van grafiese beelde en die swak demonstrasie van skakels tussen oorsaak en gevolg.

Die organisasie het ook gesê dat die navorser geskors is oor opmerkings wat hy aan die media gemaak het.

Turton het aan SAPA gesê dat hy op daardie stadium die "olyftak" aan die WNNR uitgehou het. Hy het gesê dit is nie korrek dat hy sy voorlegging aan die media uitgelek het voor die konferensie nie.

Hy het die dokument as 'n nie-kontroversiële konsensusposisie beoog, en dit was die rede waarom hy dit voor die tyd aan 'n groot klomp wetenskaplikes, NRO's en regeringsdepartemente gestuur het. 

тамбов автохимияФільчаков прокурор

Comments

Leave a Reply