Sangoma in hof oor verkragting

'n Sangoma sal na verwagting Woensdag in die landdroshof op Sebokeng verskyn vir verkragting, het die Gautengpolisie gesê.

Die 39-jarige man het na bewering 'n 22-jarige vrou by sy huis in Ennerdale, suid van Johannseburg verkrag, waarna hy beweer het dat hy 'n bose gees uit haar wou verdryf, het konstabel Edwin Ntsheo Dinsdag gesê.

Die sangoma het na bewering Saterdag na die vrou se huis gegaan waar hy na haar broer gesoek het. Haar broer was nie op daardie stadium by die huis nie, en hy het haar gevra om hom te vergesel om kruie vir haar broer te kom haal by sy huis.

Onderweg na sy huis het die sangoma haar vertel dat sy 'n bose gees (tokkelossie) in haar het en dat hy daarvan sal moet ontslae raak.

Die sangoma het haar gesê om haar klere uit te trek en op haar rug te gaan lê sodat hy haar kan "skoonmaak" omdat die tokkelossie sterk is. Daarna het hy haar verkrag.

Die sangoma is Maandagoggend gearresteer nadat die vrou 'n saak van verkragting Sondag teen hom aanhangig gemaak het.  

куклы барбілобановский александр фото

Maak 'n opvolg-bydrae