Oop grense is kranksinnig

Die uitspraak deur die sogenaamde minister van binnelandse sake, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, dat  Suid-Afrika nie sy grensbeheer gaan verskerp ondanks groot getalle onwettige immigrante wat oor ons grense stroom nie, is so wêreldvreemd dat dit aan die kranksinnige grens. Trouens, vergeleke hiermee was Mbeki se alternatiewe vigssienings hiperrasioneel en wetenskaplik verantwoordbaar.

Enigeen wat nie die rampspoedige gevolge kan voorsien indien honderde miljoene armes vanuit Afrika suid van die Sahara na die kontinent se ekonomiese swaartepunt stroom nie, is nie in staat om logies te dink nie. Weereens: het ons hier met Afrikadenke te make wat, erger as in Mbeki se geval, eenvoudig nie vatbaar vir bewysvoering is nie?

Terwyl die Europese Unie oor 'n omvattende plan beskik om onwettige immigrasie te bekamp, verklaar Suid-Afrika met sy veel kleiner ekonomie wat skaars in eie behoeftes kan voorsien, 'n beleid van oop grense!

Die afgedankte navorser van die WNNR, dr. Anthony Turton, het juis gewys op die gevaar van grootskaalse etniese geweld wat in die land kan losbars as gevolg van 'n verwaarlosing van ons waterbronne. Kan 'n mens jou voorstel watter soort kruitvat Suid-Afrika gaan word indien die oopgrensbeleid tot sy logiese uiteinde van megastede bestaande uit plakkerskampe sonder skoon water of elektrisiteit lei?

Die ANC beskou dit as sy goeie reg om die land te vernietig, net soos wat Robert Mugabe dit as sy voorreg beskou het om Zimbabwe af te takel tot die treurige toestand waarin dié eens welvarende land vandag verkeer.

Die Afrikaner egter, wat meer as enige ander volksgroep in Suid-Afrika opgeoffer het om ons infrastruktuur en staat te vestig, is nie geken in dié besluit om ons land op 'n skinkbord aan die honger massas van Afrika te oorhandig nie. Moontlik was dit deel van die fyndruk op die blanko tjek wat mnr. FW de Klerk in 1994 uitgeskryf het, maar ons is nooit oor die saak ingelig nie.

Indien daar nie nou aktiewe weerstand teen die ANC se toenemend vergesogte en dikwels rassistiese beleidsrigtings kom nie, gaan ons baie vinniger as wat ons dink "transformeer" tot 'n cholerabesmette hool soos Zimbabwe.

Selfs al kom daar nie weerstand van Afrikaners wat hul geboortereg opeis om 'n heenkome in dié wêrelddeel vir hulself te beding nie, sal die blote instroming van miljoene immigrante die land vanself destabiliseer.

Wat dus ook al gebeur, is die dae van die Suid-Afrikaanse eenheidstaat, die 1910-staat, getel en sal dit waarskynlik vroeër of later begin voorbrokkel. 'n Toekomstige eie staat is die Afrikaner se enigste hoop op langtermynoorlewing soos wat die gevolge van massamigrasie, waterbesoedeling, grondhervorming, rassistiese arbeidswette en ander euwels ons land soos Zimbabwe tot in die grond afbreek.

Diegene wat dit nie begryp nie, moet maar solank padgee Australië toe.

ігри для дєвачєклобановский александр досье