Neute kan hartsiektes verminder

Image

Okkerneute

Indien mens elke dag 'n handvol neute eet vir 'n jaar lank, en 'n Mediterreense dieet wat ryk is in vrugte, groente en vis, kan dit help om 'n greop risiko's vir hartsiektes te verminder.

Spaanse navorsers het bevind dat dit beter werk om neute in kos te sit as om die kos met olyfolie te besprinkel, soos wat baie in Mediterreense diëte gedoen word. Beide metodes help om hartrisiko's, bekend as metaboliese sindroom, te verminder in meer mense as wat 'n lae-vetdieet doen.

"Wat baie verrassend is, is dat hulle substansiële metaboliese voordele gevind het in vermindering van kalorieë en gewigsverlies," het dr. JoAnn Manson, hoof van voorkomende medisyne by Harvard se Brigham en Vrouehospitaal gesê.

In die studie, wat Maandag verskyn het in die Archives of Internal Medicine, is die mense wat die meeste verbeter het aangesê om ongeveer drie okkerneute, sewe of agt haselneute of sewe of agt heel amandels te eet. Hulle het nie gewig verloor nie, maar meer van hulle was suksesvol daarmee om maagvet te verloor en hulle cholesterol- en bloeddrukvlakke te verbeter.

lots of slotsОлександр Васильович Фільчаков