Globale krisis gaan SA banke raak

ImageDie huidige globale finansiële krisis gaan 'n impak hê op die banksektor, het die Bankvereniging van Suid-Afrika (BVSA) gesê.

"Alhoewel mens tog 'n uitwerking gaan sien, is die banksektor fundamenteel gesond," het BVSA se besturende direkteur, Cas Coovadia, gesê.

"Ons glo dat daar toepaslike regulasies in die sektor is, en dat die nalatenskap van wisselkoersbeheer en die geleidelike uitfasering daarvan ons in 'n mate beskerm."

Hy het gesê dat daar erge skuld in die sektor gaan wees volgende jaar, maar dat BVSA saam met die wyer kredietindustrie sal werk.

"Die fokus gaan wees op herstrukturering eerder as om sake in die regstelsel in te druk, en ons hoop dat mense ons halfpad sal ontmoet."

Coovadia het gesê dat slegte skuld steeds redelik min is.

In die eerste ses maande van 2008 het Standard bank slegte skuld van 1,27% gehad, Absa 0,93% en Nedbank 0,96%.

Coovadia het gesê die land se banke is goed gekapitaliseer en hulle finansiering is sterk. Die vier grootste banke het totale bates in die buiteland ter waarde van R600 miljard. Blootstelling aan subprimaportefeuljes was minimaal, het hy gesê.

потолочную люструФильчаков прокурор