Terwyl Rome brand

Pres. Jacob Zuma verseker met ‘n besoek aan Switserland die wêreld dat Suid-Afrika se veiligheidsplan vir die 2010-wêreldskokkerbekertoernooi in plek is. Of dit nóg ‘n geval van ambisieuse planne is wat nie op grondvlak neerslag vind nie, soos verskeie onderwysplanne, sal nog gesien moet word. Op grondvlak is daar nog nie veel tekens dat die

Lees verder: Terwyl Rome brand

Sri Lanka se president kry tweede termyn

Verkiesingsbeamptes het amptelik verklaar dat President Mahinda Rajapaksa vir ‘n tweede termyn as president van Sri Lanka aangewys is. Meer as helfte van Dinsdag se stemme is reeds getel en Rajapaksa het 6,015,934 (57.88%) teenoor sy teenstander, Generaal Fonseka, se 4,173,185 stemme verwerf. President Rajapaksa het die verkiesingsdatum twee jaar vroeër gemaak om munt te

Lees verder: Sri Lanka se president kry tweede termyn

WB in SA is ‘die grootste fout ooit’

Uli Hoeness, ’n voormalige sokkerspeler en die president van die sokkerklub, Bayern Munich, het Woensdag gesê Sepp Blatter, die president van Fifa het ’n fout gemaak toe hy Suid-Afrika as gasheerland vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi verkies het. Hoeness het vir die plaaslike koerant, Muenchner Merkur gesê hy weier om 11 Junie Suid-Afrika vir die toernooi te

Lees verder: WB in SA is ‘die grootste fout ooit’

Ruben Kruger oorlede

Die voormalige Springbok- en Bulls-flank Ruben Kruger (39) is Woensdagaand oorlede ná ‘n lang stryd teen kanker. Die nuus van sy afsterwe is deur Facebook versprei. Kruger was deel van die Wêreldbekerrugbytoernooi se wenspan van 1995. Hy is in 2000 met ‘n breingewas gediagnoseer en in 2007 en 2009 het hy twee breinoperasies ondergaan om

Lees verder: Ruben Kruger oorlede

DA se eie bloulig-konvooi

Die DA gee al lankal lekker hoog op oor die ANC’s in hul blouligkonvooie. In jou beter tipe DA-kieswyke soos Houghton en Constantia verstik aan hulle komkommer-toebroodjies aan die gedagte van konvooie soos die konvooi van ons eerwaarde Kommisaris van Polisie, Bheki Cele, wat nie net mede-motoriste met groot minagting van die pad vee nie,

Lees verder: DA se eie bloulig-konvooi

Die werklike rede vir Arthur se bedanking

Beeld en Naspers raak toenemend soos Thabo Mbeki oor vigs – hulle verkeer in ‘n staat van ontkenning oor hoe sleg dinge in die land gaan, veral waar dit kom by die regime se anti-blanke rassisme. Vandag is Beeld se hoofartikel ‘n lang relaas oor die sogenaamde tweespalt tussen Mickey Arthur en Graeme Smith, wat

Lees verder: Die werklike rede vir Arthur se bedanking

Pretoria moet Pretoria bly

“Moenie krap waar dit nie jeuk nie, maar meer belangrik nog – die land het beslis nie nog méér polarisasie nodig deur dade en woorde nie.” So reageer die leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) en waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA), ds. Theunis Botha. “Dit sal die ANC loon om die aanhef van

Lees verder: Pretoria moet Pretoria bly

Europeërs nou dubbel so oud as Suid-Afrikaners

Mense in Europa neig om al hoe ouer te word, maar Suid-Afrikaners se gemiddelde lewensverwagting daal – met Vigs die vernaamste verskil. Volgens die jongste syfers wat deur die Nederlandse Statistiekburo uitgereik is, is die gemiddelde lewensverwagting van Nederlandse vroue 82,3 jaar, 3,1 jaar hoër as in 1980. Al het mans bietjie op vroue ingehaal

Lees verder: Europeërs nou dubbel so oud as Suid-Afrikaners

Verf Pretoria oranje, blanje, blou!

Die ANC se besluit om in openlike konfrontasie met die Afrikanerinwoners en belastingbetalers van Pretoria te tree met sy provokatiewe naamsverandering moet beantwoord word.” So sê dr. Dan Roodt van PRAAG, in antwoord op die nuus dat die ANC se ontplooide kaders wat oor die munisipaliteit van Pretoria regeer, beplan om die stad se naam

Lees verder: Verf Pretoria oranje, blanje, blou!

Afriforum sal hof toe oor Pretoria

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het aangedui dat sy regspan gereed staan om enige poging om Pretoria se naam te verander, in die hof te stuit.  Dié organisasie is ook van voorneme om grootskaalse protesaksies voor, tydens en na die Wêreldbekersokkertoernooi te loods, sou die naam verander word.  AfriForum se reaksie volg nadat die ANC in Pretoria

Lees verder: Afriforum sal hof toe oor Pretoria