Europeërs nou dubbel so oud as Suid-Afrikaners

Mense in Europa neig om al hoe ouer te word, maar Suid-Afrikaners se gemiddelde lewensverwagting daal – met Vigs die vernaamste verskil.

Volgens die jongste syfers wat deur die Nederlandse Statistiekburo uitgereik is, is die gemiddelde lewensverwagting van Nederlandse vroue 82,3 jaar, 3,1 jaar hoër as in 1980. Al het mans bietjie op vroue ingehaal is die gemiddelde lewensverwagting vir Nederlandse mans nog 78,3 jaar.

Ook, ten spyte van die hoër neiging, het Nederlandse vroue se gemiddelde lewensverwagting van die sesde hoogste na die twaalfde hoogste in Europa teruggesak.  Mans het een plek opgeskuif na die vierde hoogste.

Volgens syfers wat in 1990 gepubliseer is, is Suid-Afrikaners se lewensverwagting nou 47 jaar, ongeveer dieselfde as ‘n oorlogsgeteisterde land soos Afganistan waar dit 44 jaar is.

In 2006 is Suid-Afrika se gemiddelde lewensverwagting nog as 50 jaar aangedui, maar is gewaarsku dat dit nog heelwat sal daal. Toe is aangedui dat Vigs reeds 13 jaar van Suid-Afrikaners se gemiddelde lewensverwagting gestroop het.

очистные установкиФильчаков прокурор отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae