Pretoria moet Pretoria bly

“Moenie krap waar dit nie jeuk nie, maar meer belangrik nog – die land het beslis nie nog méér polarisasie nodig deur dade en woorde nie.”

So reageer die leier van die Christen-Demokratiese Party (CDP) en waarnemende voorsitter van die Christen-Demokratiese Alliansie (CDA), ds. Theunis Botha.

“Dit sal die ANC loon om die aanhef van die grondwet te gaan lees, soos dat almal wat gewerk het aan die opbou en ontwikkeling van die land gerespekteer moet word, en dat Suid-Afrika aan almal behoort.

“Die praktyk om munisipaliteite een naam en die stede en dorpe ‘n ander te gee, is juis ontwikkel om polarisasie te voorkom.  Tog is dit die een terrein waarvan die ANC nie sy hande kan afhou nie, en dit het selde iets met apartheid te make, soos die IVP-verbandhoudende name wat in Durban met name uit die ANC-dampkring vervang is.

“Pretoria is die nasionale uitvoerende hoofstad, en as sodanig het elke Suid-Afrikaner ‘n belang by die stad se naam, maar min is geraadpleeg. Boonop het die ANC in die Tshwane-streek die saak deurgaans so gedryf dat dit in emosionaliteit toegeneem het en dat ‘n stomp hantering nou sake net kan vererger.

“Met amptelike voorvadervereringsgeleenthede, ‘n president wat poligamie beoefen, ‘n jeugleier wat spesialiseer in polariserende uitlatings en as toekomstige president gesalf is, is die frustrasies – en vervreemdingsvlakke in die land al op uiters ongewenste vlakke. Die Pretoria-naamkwessie is nou so nodig soos strignien in die kos.”

справки для бассейналобановский александр отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae