WB in SA is ‘die grootste fout ooit’

Uli Hoeness, ’n voormalige sokkerspeler en die president van die sokkerklub, Bayern Munich, het Woensdag gesê Sepp Blatter, die president van Fifa het ’n fout gemaak toe hy Suid-Afrika as gasheerland vir die Wêreldbeker-sokkertoernooi verkies het.

Hoeness het vir die plaaslike koerant, Muenchner Merkur gesê hy weier om 11 Junie Suid-Afrika vir die toernooi te besoek, wat tans vrese oor sekuriteit en lae kaartjieverkope in die gesig staar.

“Ek was nog nooit ‘n vriend van ‘n Wêreldbeker in Suid-Afrika en Afrika nie, maar sal dit slegs oorweeg as die kwessies rondom sekuriteit 100% opgelos word,” het Hoeness gesê.

“Blatter moes eenvoudig sy wil gekry het; ek het dit altyd as verkeerd beskou. Nou moet jy die beste daarvan maak, maar ek is oortuig dat Blatter diep binne besef hy die grootste fout nóg gemaak het.”

Sekuriteit was nog altyd ‘n groot faktor by ‘n Wêreldbeker, maar dit het onlangs weer voorblaaie gehaal nadat drie mans gesterf het toe gewapende mans Togo se nasionale sokkerspan by die Afrikabeker in Angola aangeval het.

Die Suid-Afrikaanse amptenare het egter almal se veiligheid gedurende die toernooi verseker.

Swak kaartjieverkope vir wedstryde is ook onlangs aan die lig gebring, maar die kwessie sal later vandag gedurende ‘n mediakonferensie in Johannesburg bespreek word.

оптовые цены трековые светильникиtopcargo отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae