Nee vir COPE

As ek dit ooit oorweeg het om vir COPE te stem in die komende verkiesing is ek tans in ‘n proses van selfbesinning. Alhoewel ek steeds van mening is dat die koms van COPE een van die beste goed is wat met ons politieke situasie kon gebeur, wonder ek of dit wel ons probleme gaan aanspreek en of hulle die sogenaamde "reënboognasie" gaan verenig. Dat hulle ‘n wig in ANC-geledere vorm en die spreekwoordelike doring in hulle vlees is, betwyfel ek nie. Meeste COPE-lede het egter die ANC-wa goed gery totdat die wiele afgeval het en hulle besluit het om verder te ryloop in die vorm van ‘n nuutgestigte party.

Lees verder: Nee vir COPE

Niehaus leef in sy eie waan

Carl Niehaus leef klaarblyklik ook, soos vele van sy partylede, in sy eie waan van belangrikheid. Hy het nooit 'n BA-graad cum laude behaal by Wits Universiteit in 1983 nie en dien op geen van die rade wat op sy curriculum vitae verskyn nie. Dit het Beeld vasgestel nadat die koerant Niehaus se beweerde prestasies

Lees verder: Niehaus leef in sy eie waan

Hebsug lei tot ‘n volk se ondergang

Bravo vir Dan Roodt se rubriek oor die Niehaus-semels – wat ook deur die varke gevreet sal word.

Voorheen het ek al dikwels hierdie diaboliese opportunistiese Afrikanerkitaarslaners, voorbokke en agterryers met mening aangevat en ontmasker.

Lees verder: Hebsug lei tot ‘n volk se ondergang

Elke minuut ‘n nuwe geval

In die eerste week van Februarie is 'n nuwe geval van cholera aangemeld elke minuut, het Dokters sonder grense (MSF) Dinsdag gesê. "Ons is op 'n baie hoë piek en ons weet nie wat in die toekoms gaan gebeur nie," het MSF se sendinghoof aan Zimbabwe, Manuel Lopez Dinsdag aan verslaggewers gesê. Die cholera-epidemie wat

Lees verder: Elke minuut ‘n nuwe geval

Franse gebiede kom in opstand

'n Maandlange algemene staking op die Frans-Karibiese eiland Guadeloupe het geëskaleer in wydverspreide oproer, wat vrees laat toeneem dat politieke geweld kan versprei na ander Franse gebiede. Protesteerders het deur die nag winkels gestroop en voertuie aan die brand gesteek soos wat die staking oor die stygende lewenskoste eskaleer, en een plaaslike senior beampte het

Lees verder: Franse gebiede kom in opstand

Aanval op presidentswoning in Malabo

Gewapende mans in motorbote het Dinsdag die presidensiële paleis in die olieproduserende Ekwatoriaal-Guinee se eilandhoofstad aangeval voordat die aanval afgeweer is deur regeringsmagte, het die regering gesê. Die regering het gesê dat die aanvallers van die Nigerdelta afkomstig was. Inwoners van Malabo, die eilandmiddelpunt van die snelgroeiende olie-industrie in Ekwatoriaal-Guinee, Afrika, suid van die Sahara,

Lees verder: Aanval op presidentswoning in Malabo

Obama beoog 17 000 ekstra soldate vir Afghanistan

President Barack Obama het Dinsdag gesê hy sal 'n addisionele 17 000 soldate na Afghanistan stuur hierdie lente en somer. Die bevel sal amper 50% by die 36 000 Amerikaanse soldate voeg wat reeds daar is. Obama het in 'n geskrewe verklaring gesê die "verhoging is nodig om stabiliteit te bring aan 'n verswakkende situasie

Lees verder: Obama beoog 17 000 ekstra soldate vir Afghanistan

Nederland ervaar ongekende ekonomiese inkrimping

Die jare dertig is terug, altans vergelykings met die 1930’s. Die Nederlandse premier, Jan-Peter Balkenende, het gister op ’n sombere perskonferensie gesê dat die ongekende inkrimping van die Nederlandse ekonomie aan daardie tyd herinner. Die Nederlandse ekonomie krimp vanjaar met 3,5%. Twee maande gelede is nog gemeen dat dit 0,75% sou wees, maar die wêreldwye

Lees verder: Nederland ervaar ongekende ekonomiese inkrimping

‘Daai pispotstylhelm’ is onwettig

Motorfietshelms wat nie die ore van die gebruiker toemaak nie, voldoen nie aan basiese veiligheidsvereistes nie, het die Nasionale beheerliggaam vir verpligte spesifikasies (NRCS) Dinsdag gesê. Die NRCS-woordvoerder Mirriam Moswaane het gesê die "pispotstylhelms (waarna normaalweg verwys word as Chips, German, Beanie of Cruiser) voldoen nie aan die verpligte spesifikasies – spesifiek seksie 5.1a wat

Lees verder: ‘Daai pispotstylhelm’ is onwettig

Valutahandel in SAOG-lande gaan makliker gemaak word

Die SAOG-streek Vooruitgang word gemaak om dit vir reisigers makliker te maak om buitelandse geldeenhede in SAOG-lande om te ruil, het die Suider-Afrikaanse posdiensoperateursassosiasie (Sapoa) Dinsdag gesê. "Die proses is nou in die implementeringsfase," het Sapoa se uitvoerende direkteur Kaynet Moyo gesê. Dit volg na 'n kwartaallikse vergadering in Februarie van Sapoa-beamptes. Die vergadering is

Lees verder: Valutahandel in SAOG-lande gaan makliker gemaak word