In die eerste week van Februarie is 'n nuwe geval van cholera aangemeld elke minuut, het Dokters sonder grense (MSF) Dinsdag gesê.
"Ons is op 'n baie hoë piek en ons weet nie wat in die toekoms gaan gebeur nie," het MSF se sendinghoof aan Zimbabwe, Manuel Lopez Dinsdag aan verslaggewers gesê.
Die cholera-epidemie wat nou 3400 lewens geëis het, het toegeneem in intensiteit in die laaste twee weke.
"Cholera het na die landelike gebiede toe beweeg, waar daar 'n gebrek is aan bewustheid oor cholera en geen toegang tot openbare gesondheidsfasiliteite nie," het Lopez gesê.
Die eerste indikasie van die cholera uitbraakwas in die hoofsaaklik landelike gebiede in die noorde, in Augustus verlede jaar.
Die uitbraak het teen November na stedelike gebiede beweeg. Sedertdien het dit regdeur Zimbabwe se landelike gebiede versprei.
Omtrent 80 000 cholera gevalle is nou al aangemeld regoor die land sedert Augustus. Internasionale hulpgroepe ondervind probleme om mense in landelike gebiede te behandel vir cholera, vanweë die ontoeganklikheid van die gebiede.
Toe die uitbraak in die stedelike gebiede was, was dit redelik maklik om medisyne en gesondheidspersoneel by die siek mense te kry.
Maar die meeste openbare gesondheidsorg klinieke regoor die land is nou gesluit, volgens dr. Christophe Fournier, die internasionale president van MSF.
Die wat wel oop is, is of onderbeman, of het nie genoeg voorraad nie of vra geld vir die dienste, wat meer is as wat die meeste Zimbabwiërs kan bekostig.
"Wanneer pasiënte uiteindelik by 'n oop kliniek kom, word hulle totaal onbillike bedrae geld gevra sodat daar net na hulle gekyk kan word, en dan geld vir behandeling wat totaal onbekostigbaar is," het Fournier gesê. Sommige klinieke eis selfs dat die betaling in buitelandse geldeenhede geskied.
Mense gaan dood omdat hulle nie geld het vir behandeling nie," het Lopez gesê.
Maar Fournier het gewaarsku dat cholera net een aspek is van Zimbabwe se gesondheidsprobleme.
"So katastrofies as wat die epidemie is, is dit net die meessigbare manifestasie van 'n wyer probleem in die hele land," het hy gesê.
"Die hele openbare gesondheidsorg stelsel het in duie gestort."
Lopez het dit beskryf as 'n "gesondheid sisteem wat voorheen aangeprys was" wat nou sukkel vanweë gebrek aan voorraad, personeel en klinieke.
Mense wat siek was, was nie in staat om te reis na klinieke wat nog oop is nie.
Baie gesondheidswerkers is ook nie meer in staat om na hulle werksplekke toe te gaan nie, omdat die salarisse soms minder is as die reiskostes.
"Net in Zimbabwe het ek hierdie soort ineenstorting van die openbare gesondheidsisteem gesien in die afwesigheid van konflik," het Fournier gesê.
Die ineenstorting het die gesondheidsorg van Zimbabwiërs geaffekteer en het ernstige implikasies vir mense wat besmet is met MIV.
Fournier en Lopez het gesê dat 20% van Zimbabwiërs, 2,4 miljoen mense MIV positief is.
"550,000 mense het dringende behandeling nodig, wat hulle nie kry nie. Indien hulle nie die behandeling kry nie, kan die mense binne die volgende maande of jare doodgaan," het Lopez gesê.
Tweehonderdduisend mense kry tans antiretrovirale middels, maar Lopez het gesê meer as die helfte het eers verlede jaar die behandeling begin.
Klinieke wat die medikasie voorsien het toegemaak, en min mense wat MIV positief is, kan aangaanmet die behandeling.
"Sommige sal alternatiewe vind. Maar meeste mense in landelike gebiede is dit nie die geval nie," het Lopez gesê.
Tesame met die swak paaie, word die proses om mediese hulp aanlandelike gebiede te voorsien deur regering se burokrasie.
Lopez het gesê dat Zimbabwiese regulasies dit moeilik maak vir MSF om te werk in gebiede sonder plaaslike toesighouding.
Die koste van werkspermitte en visums is ook baie hoog.
Die invoer van medisyne is ook tydrowend en baie duur.
"Die koste vir die invoer van medisyne is meer as wat die medisyne self kos," het Lopez gesê.
MSF het gesê die internasionale gemeenskap behoort Zimbabwe as 'n noodsituasie te hanteer en hulp te verskaf sonder om te kyk na politiese omstandighede.
"Voeding en voedsel het 'n politieke saak geword," het Lopez gesê.
"Die gesondheid van die mense is nie polities nie. Mens kan nie met die sake speletjies speel nie."
