Niehaus leef in sy eie waan

Carl Niehaus leef klaarblyklik ook, soos vele van sy partylede, in sy eie waan van belangrikheid. Hy het nooit 'n BA-graad cum laude behaal by Wits Universiteit in 1983 nie en dien op geen van die rade wat op sy curriculum vitae verskyn nie. Dit het Beeld vasgestel nadat die koerant Niehaus se beweerde prestasies onder die loep geneem het.

Beeld het vasgestel dat die Afrikaanse Skrywersvereniging, een van die instansies waarop Niehaus beweer hy as uitvoerende komiteelid dien, nie eens 'n uitvoerende komitee het nie.

Voorts dui hy aan dat hy op die Nederlands-Suid-Afrikaanse Kamer van Handel se rade dien, Civirello asook die Nederlandse Maatschappij der Letteren. Nie een van die stellings is waar nie.

'n Segspersoon vir die Kanselarij der Nederlandse Orden in Den Haag het aangedui dat Niehaus wel 'n groot ridderkruis van die orde van Oranje-Nassau van koningin Beatrix ontvang het.

Hy het dit egter nie ontvang vir sy persoonlike prestasies nie, maar omdat hy ambassadeur in Nederland was.

Niehaus se CV verskyn op Litnet.машинка машинкаФильчаков прокурор отзывы