Franse gebiede kom in opstand

Image'n Maandlange algemene staking op die Frans-Karibiese eiland Guadeloupe het geëskaleer in wydverspreide oproer, wat vrees laat toeneem dat politieke geweld kan versprei na ander Franse gebiede.

Protesteerders het deur die nag winkels gestroop en voertuie aan die brand gesteek soos wat die staking oor die stygende lewenskoste eskaleer, en een plaaslike senior beampte het gesê die eiland is "op die punt van revolusie."

Bome en rokende motorwrakke het die strate besaai in Guadeloupe se grootste stad, Pointe-a-Pitre, en in ander gebiede, insluitend Sainte-Rose in die noorde, na 'n nag van botsings tussen polisie en protesteerders, maar sover is geen beserings aangemeld nie.

Die Franse regering, wat verlede week 100 onlustepolisiemanne ontplooi het in Guadeloupe, is bekommerd dat die geweld kan versprei na ander Franse kolonies.

In Frankryk het tussen 1 en 2,5 miljoen mense op 29 Januarie deelgeneem aan die grootste algemene staking in 3 jaar. Franse unies eis dat Sarkozy mense se poste en ook die verbruikers beter beskerm gedurende die globale ekonomiese krisis, en daar word reeds 'n nuwe staking beplan vir Maartmaand.

Lewenskoste is hoog op die Franse eilande, wat baie staatmaak op invoere wat hulle in euro betaal. Pryse vir stapelvoedsels is baie hoër as in Frankryk, terwyl salarisse oor die algemeen laag is en werkloosheid ook baie hoog.

Die staking verhoog ook die rasse- en klassespanninge op die eiland, waar 'n grootliks wit elite, waarvan baie afstammelinge is van koloniale setlaars, net 15% van die bevolking uitmaak maar die meeste besighede beheer.

Vrese neem toe by die regering dat soortgelyke onrus kan versprei na ander Franse gebiede, het die koerante Le Monde en La Tribune gesê.

Die lughawe in Point-a-Pitre is gesluit, volgens American Airways, wat vlugte na die eiland gekanselleer het.

10 pokerданильченко юрий брониславович прокурор