President Barack Obama het Dinsdag gesê hy sal 'n addisionele 17 000 soldate na Afghanistan stuur hierdie lente en somer.
Die bevel sal amper 50% by die 36 000 Amerikaanse soldate voeg wat reeds daar is.
Obama het in 'n geskrewe verklaring gesê die "verhoging is nodig om stabiliteit te bring aan 'n verswakkende situasie in Afghanistan, wat nie die strategiese aandag, rigting en hulpbronne gekry het wat dit dringend nodig het nie."
Obama se besluit gee aan Amerikaanse bevelvoerder in Afghanistan die meeste, maar nie al die soldate wat hulle voor gevra het nie. Die besluit het ook 'n politieke risiko vir die president, wat meer soldate na Afghanistan stuur voordat hy begin het om sy belofte te vervul om soldate vinnig uit Irak te onttrek.
Baie kenners is bekommerd dat Afghanistan 'n groter, meer formidabele uitdaging stel vir Amerika as wat Irak doen, veral met naburige Pakistan wat 'n veilige hawe verskaf aan insurgente van die Taliban en Al Kaïda.
Die administrasie se herbeskouing van Afghanistan beleid is veronderstel om voltooi te wees voor April, wanneer Obama na Europa gaan vir 'n NAVO beraad, waar verwag word dat hy Amerikaanse bondgenote sal vra vir meer soldate en hulp in Afghanistan.
In 'n onderhoud met die Kanadese uitsaai Korporasie, het Obama Dinsdag gesê hy is "absoluut oortuig dat mens nie die probleme van Afghanistan, die Taliban en die verspreiding van ekstremisme kan oplos slegs deur militêre metodes nie."
