Polisie in Vishoek onder klippe gesteek

Die polisie moes Donderdag weer rubberkoeëls gebruik om honderde inwoners van Masiphumelele, buite Vishoek in die Wes-Kaap, uitmekaar te jaag. Binnebande is aan die brand gesteek en die polisie is met klippe bestook. Die inwoners is ontstoke oor 'n gebrek aan behuising. Die skare het glo buite beheer raak toe 'n wyksraadslid van Masiphumelele, Felicity

Lees verder: Polisie in Vishoek onder klippe gesteek

Tweede grootste Chinese bank sluit ooreenkoms met FirstRand

China Construction Bank (CCB) het Donderdag ’n strategiese samewerkingsooreenkoms met FirstRand gesluit. CCB werk reeds nou saam met Rand Aksepbank, ’n filiaal van die FirstRandgroep, om transaksies te struktureer. CCB is China se tweede grootste bank in terme van markwaarde. CCB sê samewerking met FirstRand sal waarde toevoeg tot sy huidige Afrikasake. Die ooreenkoms bied

Lees verder: Tweede grootste Chinese bank sluit ooreenkoms met FirstRand

‘Tukkies nie meer Afrikaanse universiteit’- rektor

Image

Cheryl de la Rey, nuwe rektor van die UP

Die nuwe rektor van die Universiteit van Pretoria, prof. Cheryl de la Rey, het in 'n onderhoud met Radio Sonder Grense verklaar dat Tukkies "nie meer 'n Afrikaanse universiteit nie, maar 'n Suid-Afrikaanse universiteit is".

Image

Cheryl de la Rey, nuwe rektor van die UP

Die nuwe rektor van die Universiteit van Pretoria, prof. Cheryl de la Rey, het in 'n onderhoud met Radio Sonder Grense verklaar dat Tukkies "nie meer 'n Afrikaanse universiteit nie, maar 'n Suid-Afrikaanse universiteit is".

Lees verder: ‘Tukkies nie meer Afrikaanse universiteit’- rektor

Zuma verwelkom lasterskikking

President Jacob Zuma het die skikking tussen hom en die Britse koerant The Guardian in ’n Britse hof Dinsdag verwelkom. Hy het die koerant in April weens laster gedagvaar ná die publikasie van ’n artikel van Simon Jenkins met die opskrif: “Get Used to a Corrupt and Chaotic South Africa. But Don’t Write it Off.”

Lees verder: Zuma verwelkom lasterskikking

Indi? se vlootopbou vorder

Indië gaan oor die volgende dekade 100 oorlogskepe bou in 'n poging om hulle vloot te moderniseer. Kaptein Alok Bhatnagar, direkteur van vlootbeplanning by Indië se ministerie van verdediging, het Donderdag gesê 32 oorlogskepe en duikbote word tans in die land se skeepswerwe gebou. Werk aan nog 75 vaartuie wat fregatte, amfibiese vaartuie, vliegdekskepe en

Lees verder: Indi? se vlootopbou vorder

Tshwaing-munisipaliteit gebruik skadelike swembadchloor

Die Tshwaing-munisipaliteit gebruik glo swembadchloor in die rioolwerke. Dit het aan die lig gekom dat die stadsraad nou ʼn desperate poging aanwend om rioolbesoedeling op Sannieshof te beperk, en op groot skaal swembadchloor aankoop om in die rioolwerke te gebruik. Alhoewel e-coli besmetting met chloor bestry moet word, is slegs sekere chloor-produkte deur die Departement

Lees verder: Tshwaing-munisipaliteit gebruik skadelike swembadchloor

Limpopo-polisieman vir veediefstal gevang

'n Polisiesersant is Donderdag in verband met veediefstal in hegtenis geneem, het die Limpopose polisie gesê.

'n Polisiesersant is Donderdag in verband met veediefstal in hegtenis geneem, het die Limpopose polisie gesê.

Lees verder: Limpopo-polisieman vir veediefstal gevang

Afriforum monitor Hlope-verhoor

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het Woensdag die verrigtinge van die Regterlike Dienskommissie se voorlopige ondersoek na regter John Hlophe in Johannesburg bygewoon om die proses te monitor. Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sal die geloofwaardigheid van die regbank ernstig in gedrang wees indien die klagtes dat Hlope onregmatig gepoog het om regters van die

Lees verder: Afriforum monitor Hlope-verhoor

Clinton wil verhoudinge met SA struktureer

Suid-Afrika en die VSA gaan volgende week vergader tydens die besoek van Hillary Clinton aan die land om 'n bilaterale forum op te stel. Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking se direkteur-generaal dr. Ayanda Ntaluba het gesê Clinton sal op 6 Augustus in Suid-Afrika aandoen nadat sy haar toer in Kenia afskop. Sy sal

Lees verder: Clinton wil verhoudinge met SA struktureer

Die vyand wat Napoleon gestuit het

Skildery deur Adoph Northen Die reusagtige Franse weermag wat op pad was om Tsaar Alexander I aan die begin van die 19de eeu te gaan verslaan, is self verslaan deur die kleinste vyand nog lank voordat die Russe getroef is Die einde van Napoleon was dalk te danke aan tifusbasil en nie 'n koue winter

Lees verder: Die vyand wat Napoleon gestuit het