Afriforum monitor Hlope-verhoor

Die burgerregte-inisiatief AfriForum het Woensdag die verrigtinge van die Regterlike Dienskommissie se voorlopige ondersoek na regter John Hlophe in Johannesburg bygewoon om die proses te monitor.

Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sal die geloofwaardigheid van die regbank ernstig in gedrang wees indien die klagtes dat Hlope onregmatig gepoog het om regters van die Konstitusionele Hof in die Zuma-saak te beïnvloed, ook onder die mat gevee word. Die regbank vorm volgens Kriel ʼn belangrike hoeksteen ter beskerming van burgers se regte en daarom moet regters ten alle tye bo verdenking optree.

“Hlope het in die verlede al té veel keer daarmee weggekom dat bewerings van wangedrag wat teen hom gemaak is, onder die mat gevee is, sonder dat die bewerings behoorlik ondersoek is,” het Kriel gesê.

Kriel het onder meer verwys na die bewerings in 2005 dat Hlope sou gesê het dat hy die Mikro-skoolhofsaak spesifiek aan regter Wilf Thring toegeken het, omdat hy (Hlope) geweet het Thring sou die saak “opf#k” en dat die saak dan op appèl reggestel sou word. In dieselfde jaar het ʼn Kaapse prokureur, Joshua Greeff, beweer Hlope het hom ʼn “white sh#t” genoem.

Die latere aanduidings dat Hlope ook betalings van die Oasis-maatskappy ontvang het, terwyl hy ʼn besluit moes neem of Oasis kon voortgaan om regstappe teen regter Siraj Dessai te neem, moes volgens Kriel met baie groter erns deur die Regterlike Dienskommissie hanteer gewees het.

игры девочкамtopcargo отзыв

Maak 'n opvolg-bydrae