Tshwaing-munisipaliteit gebruik skadelike swembadchloor

Die Tshwaing-munisipaliteit gebruik glo swembadchloor in die rioolwerke.

Dit het aan die lig gekom dat die stadsraad nou ʼn desperate poging aanwend om rioolbesoedeling op Sannieshof te beperk, en op groot skaal swembadchloor aankoop om in die rioolwerke te gebruik.

Alhoewel e-coli besmetting met chloor bestry moet word, is slegs sekere chloor-produkte deur die Departement van Waterwese en Omgewingsake goedgekeur vir gebruik in drinkwater. Swembadchloor bevat bymiddels wat nie geskik is vir gebruik in drinkwater nie.

Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, het in ʼn skrywe aan die munisipaliteit geëis dat ʼn onderneming gegee word dat die gebruik van swembadchloor gestaak sal word en slegs produkte wat vir gebruik in drinkwater goedgekeur is, voortaan gebruik sal word.

Indien die onderneming nie gegee word nie, sal die hooggeregshof op ʼn dringende basis om hulp genader word.

детскии интернет магазинАлександр Фильчаков