Australië verwag terreur

Die Australiese regering het Vrydag sy terreur-waarskynlikheidsvlak na “hoog” opgeskuif, het premier Tony Abbott in ‘n verklaring bekend gemaak. Die rede vir die besluit is die toenemende aantal Australiërs wat bande het met of geïnspireer word deur terreurgroepe, waaronder die Islamitiese Staat. “Die besluit is nie gegrond op kennis van ‘n spesifieke aanvalsplan nie, maar

Lees verder: Australië verwag terreur

Oscar Pistorius nie skuldig aan moord nie

Die Noord Gautengse hooggeregshof het bevind dat Oscar Pistorius nie aan moord op sy vriendin Reeva Steenkamp skuldig is nie. Regter Thokozile Masipa, het kort voor die etenstydverdaging gesê die Staat het nie daarin geslaag om sonder enige redelike twyfel te bewys dat Pistorius Steenkamp wou doodskiet nie. Pistorius kan steeds op aanklagte van strafbare

Lees verder: Oscar Pistorius nie skuldig aan moord nie

Woolworths mislei glo verbruikers oor melk

Woolworths, die handelsmerk wat nie graag wit Afrikaanse verbruikers wil raaksien nie, is weer in die moeilikheid, maar dié keer is dit nie oor rassisme en Boerehaat nie. Die aktiviste groep Grass Consumer Action het die winkelgroep daarvan beskuldig dat hulle kliënte oor melk mislei en hul koeie wreed onthoring. Skrywer en aktivis Sonia de

Lees verder: Woolworths mislei glo verbruikers oor melk

Kriel onder beleg weens oproer

Inwoners van Kriel was Woensdag steeds in die dorp vasgekeer nadat oproermakers toegangsroetes versper het. Die plaaslike radiostasie het inwoners gemaan om in hul huise te bly weens die gespanne toestand. Volgens ’n polisiebeampte het die polisie Maandag ingegryp toe honderde oproeriges na Kriel gestap het. Motoriste moes Dinsdagmiddag buite Kriel op die R547-pad staan

Lees verder: Kriel onder beleg weens oproer

Werktuigkundige terug uit ebola-gebied danksy weldoeners

Gerhard Van Zyl wat in Wes-Afrika vasgekeer is, is tuis sonder ebola. Van Zyl het as ’n werktuigkundige by ’n diamantmyn in Sierra Leone gewerk, maar weens die epidemie is alle vlugte opgeskort. Weldoeners het hulle oor Van Zyl ontferm en hom ‘n gratis vliegtuigkaartjie aangebied, het Netwerk24 berig. Hy het Dinsdagaand saam met nog

Lees verder: Werktuigkundige terug uit ebola-gebied danksy weldoeners

China sal soldate in Suid-Soedan ontplooi

’n Woordvoerder van die Verenigde Nasies (VN) se sending in Suid-Soedan sê China sal na verwagting ongeveer 700 vredesmagsoldate na Suid-Soedan ontplooi. Dit sal deel vorm van die VN se Veiligheidraad se 2013-plan om militêre teenwoordigheid in dié land te verhoog. Joe Contreras, woordvoerder, het Woensdag gesê die soldate het nog gearriveer nie en ’n

Lees verder: China sal soldate in Suid-Soedan ontplooi

Kettingbotsing by Villiers na veldbrand

Digte rook weens veldbrande het Woensdag naby Villiers tot ‘n kettingbotsing gelei toe vragmotors, ’n minibus-taxi en motors gebots het en van die voertuie vlamgevat het. Tussen Warden en Villiers het ‘n veldbrand sowat 10 km buite Villiers digte rookwolke oor die N3-hoofweg tot gevolg gehad. Motoriste wat die kettingbotsing vrygespring het, het naderende motors gewaarsku

Lees verder: Kettingbotsing by Villiers na veldbrand

Swartes baklei oor wie mekaar ‘kaffer’ genoem het

‘n Amerikaanse en ‘n plaaslike swarte baklei in die hof oor wie mekaar geslaan en ‘kaffer’ genoem het. Die plaaslike komediant TolA$$Mo is in ‘n hofgeding gewikkel met ‘n Amerikaanse swarte genaamd James Albert French en moes in Julie in die hof verskyn op ‘n klag van intimidasie ná insident by ‘n OTM in Melville.

Lees verder: Swartes baklei oor wie mekaar ‘kaffer’ genoem het

TB-navorsing kry inspuiting van Britse maatskappy

Navorsing op TB en nie-oordraagbare siektes het ‘n inspuiting van R160 miljoen gekry. Die aankondiging is gedoen met die bekendstelling van die Newtonfonds in Kaapstad. Die fonds skep ‘n samewerkingsplatform vir wetenskaplike navorsing tussen die Verenigde Koningryk en Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad 60 miljoen rand oor ‘n tydperk van drie jaar bewillig en die

Lees verder: TB-navorsing kry inspuiting van Britse maatskappy

Media saamgepak vir Pistorius-moorduitspraak

Uitspraak in die Oscar Pistorius-moordverhoor sal Donderdag gelewer word. Pistorius staan tereg op vier aanklagte waaronder moord met voorbedagte rade op sy vriendin, Reeva Steenkamp. ‘n Groot mediateenwoordigheid word vanoggend verwag by die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria vir die uitspraak in die moordverhoor verwag. Meer as 150 plaaslike en internasionale joernaliste sal na verwagting die

Lees verder: Media saamgepak vir Pistorius-moorduitspraak