Gaboen se opposisie soek steeds bloed

Ontevredenes in Afrika sowel as Europa het op ‘n internasionale ondersoek na beweerde “massa­moorde” deur soldate en lede van die polisiemag aangedring in Gaboen. Hulle beweer dat gebeure gedurende die land se presidentsverkiesing wat naelskraap deur die dienende staatshoof, Ali Bongo gewen is, ondersoek moet word. Aktiviste van “Tournons La Page” (Slaan ‘n nuwe blaadjie

Lees verder: Gaboen se opposisie soek steeds bloed

Israeli president opgeneem na beroerte

Die voormalige Israelse eerste minister en president, Shimon Peres, is in die hospitaal opgneem ná ‘n ernstige beroerte. Volgens berigte is hy aan ‘n asemhalingstoestel gekoppel. Die 93-jarige langsdienende politieke figuur het vroeër vanjaar ‘n operasie ondergaan om ‘n pasaangeër te kry ná ‘n ligte hartaanval. Peres het in die 1990’s ‘n sleutelrol gespeel in

Lees verder: Israeli president opgeneem na beroerte

Twee kaperverdagtes vas wat enigste kind voor haar moeder doodskiet

Die Oos-Kaapse polisie het ‘n 16-jarige bruin seun en ‘n 15-jarige bruin meisie in hegtenis geneem in verband met die moord op die 63-jarige Magda van Vuuren in Port Elizabeth. Die seun het Van Vuuren doodgeskiet tydens ‘n beweerde kaping voor Van Vuuren se bejaarde moeder wat hulpeloos staan en toekyk het. Haar geskokte moeder

Lees verder: Twee kaperverdagtes vas wat enigste kind voor haar moeder doodskiet

Vrystaatse munisipaliteite het meeste uitstaande skuld

Munisipaliteite in die Vrystaat het die meeste uitstaande skuld in vergelyking met ander provinsies. Dit is volgens ‘n finansiële verslag, wat die stand van munisipaliteite landswyd soos op 30 Junie 2016, vergelyk. Die verslag dui daarop dat 73.7% van munisipaliteite in die provinsie se skuld aan diensleweraars al vir meer as 90 dae agterstallig is.

Lees verder: Vrystaatse munisipaliteite het meeste uitstaande skuld

Libiërs neem olieterminale van VN-magte oor

Magte in die ooste het Maandag die Libiese olie-uitvoerhawe Zuwaytina van die Verenigde Nasies se eenheids­regering herower, ‘n swaar slag vir die VN-magshebbers. “Ons magte het daarin geslaag om volle beheer oor Zuwaytina te verkry,” het Mohammad al-Azoemi gesê. Twee ander oliehawens, Al-Sidra­ en Ras Lanoef, is Sondag oorgeneem. Al drie hawens aan die Middellandse

Lees verder: Libiërs neem olieterminale van VN-magte oor

Al-Sjabaab slaan weer in Kenia toe

Al-Sjabaab het weer in Kenia toegeslaan. Drie vroue in boerkas het ‘n polisiekantoor in Mombasa in Kenia al kletsend binnegdring, waar hulle een polisieman met ‘n mes aangeval het voordat hulle die gebou met behulp van ‘n petrolbom aan die brand gesteek het. Die drie is op die toneel doodgeskiet. Die polisie het ook ‘n

Lees verder: Al-Sjabaab slaan weer in Kenia toe

Duitse regering gebruik amptelik ‘volksmoord’ vir Herero-slagting

Die Duitse regering se spesiale gesant vir onderhandelinge oor die 1904-1908 Duitse koloniale volksmoord in Namibië, Ruprecht Polenz, en sy Namibiese eweknie, Zed Ngavirue, het vanaf 5 tot 7 September in die Duitse hoofstad, Berlyn, vergader. Dit is die vierde rondte van onderhandelinge tussen die twee lande. Die Namibiese afvaardiging het verteenwoordigers van die geraakte

Lees verder: Duitse regering gebruik amptelik ‘volksmoord’ vir Herero-slagting

Na Nkandla wag moeilike vrae oor kredietgraderings

President Jacob Zuma sal Dinsdag in die Nasionale Vergadering vrae van parlementslede beantwoord. Dit volg ‘n dag nadat hy verklaar het dat hy die geld vir Nkandla gaan terugbetaal. Die Grondwethof se beslissing dat Zuma byna agt miljoen rand moet opdok wat aan nie-veiligheidsopgraderings aan sy huis op Nkandla bestee is, het hom genoop tot

Lees verder: Na Nkandla wag moeilike vrae oor kredietgraderings

Amerikaanse bomwerpers oor Suid-Korea in magsvertoon

Twee groot Amerikaanse strategiese bomwerpers (foto) het Maandag oor Suid-Korea gevlieg as magsvertoon teen Noord-Korea wat onlangs die vyfde en grootste kerntoets ooit uitgevoer het. Die supersoniese B-1B Lancers het die lugruim oor die VSA se Osan-lugbasis by Pyeongtaek, 64km suid van Seoel, omstreeks 10:00 (01:00 GMT) bereik. Elke vliegtuig, van die VSA se Pacific

Lees verder: Amerikaanse bomwerpers oor Suid-Korea in magsvertoon

SA uitgedaag om Moslemveelwywery te erken

Die Vroueregsentrum gaan die Suid-Afrikaanse regering in die Wes-Kaapse Hooggeregshof uitdaag om Moslemveelwywery te erken. Moslemvroue is glo ongelukkig oor die versuim om Moslemhuwelike amptelik te aanvaar. Verskeie regeringsdepartemente insluitende Binnelandse Sake staan die aansoek teen. ‘n Prokureur, Hoodah Abrahams-Fayker, sê wanneer burgerlike of gewoontereghuwelike misluk, tree die reg in om regverdigheid tussen die eggenote

Lees verder: SA uitgedaag om Moslemveelwywery te erken