Niemand nog in hegtenis geneem na moord op haarkapper nie

Die polisie in die Vrystaat het nog niemand in hegtenis geneem in verband met die moord op ‘n haarkapper van Riebeeckstad in Welkom nie. Die liggaam van die 53-jarige André Gebhardt is ontdek op die vloer in sy huis. Hy het sy eie haarsalon vanuit sy woning bedryf. ‘n Polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, sê alle leidrade

Lees verder: Niemand nog in hegtenis geneem na moord op haarkapper nie

Merkel bring haar negende besoek aan China

Die Duitse kanselier Angela Merkel het vandeesweek haar negende besoek aan China gebring, saam met ‘n groot afvaardiging van senior amptenare en entrepreneurs. As onderskeidelik die tweede en vierde grootste ekonomieë ter wêreld, is China en Duitsland die groei-enjins vir Asië en Europa. Duitsland bly steeds die ekonomiese hoop vir Europa. Danksy sy vaste industriële

Lees verder: Merkel bring haar negende besoek aan China

ISIS-aanvaller dood senior polisiebeampte in Parys

‘n Senior Franse polisiebevelvoerder is buite sy huis doodgesteek asook sy metgesel, ‘n polisievrou, in ‘n aanval deur die Islamitiese staat. Die Franse regering het dit as ‘n “volslae daad van terrorisme” beskryf. Die aanvaller, ‘n 25-jarige man van Marokkaanse afkoms, is tronk toe gestuur in 2013 vir hulp aan Islamitiese militante om na Pakistan

Lees verder: ISIS-aanvaller dood senior polisiebeampte in Parys

Bekende van Karasburg oorlede na huisaanval

‘n Bekende en geliefde inwoner van Karasburg, in die suide van Namibië, is in hospitaal in Suid-Afrika oorlede aan beserings wat hy gedurende ‘n gewapende roof opgedoen het. Die 63-jarige mnr. Tillian Walters is op Afrikadag, 25 Mei deser, deur sy broer in sy huis gevind waar hy vasgebind in sy kamer gelê het. Walters

Lees verder: Bekende van Karasburg oorlede na huisaanval

Stellenbosch-gesinsmoord: Verdagte voor

Een van die enigste twee oorlewendes in die Van Breda-gesinsmoord op Stellenbosch gaan na verwagting vandag in die hof daar verskyn op drie aanklagte van moord en een van poging tot moord. Polisiewoordvoerder, André Traut, het bevestig dat ‘n 21-jarige verdagte homself Maandag aan die polisie oorgegee het. Die verdagte is op sosiale media as

Lees verder: Stellenbosch-gesinsmoord: Verdagte voor

Warden-plaasaanval-verdagtes voor

Vier verdagtes wat verlede Maandag op Villiers in hegtenis geneem is kort nadat hulle glo betrokke was by ‘n rooftog op ‘n plaas by Warden in die Vrystaat, sal na verwagting die week om regshulp in die landdroshof op Warden aansoek doen. Drie van die mans, Bulelani Fulumeni, Wandi Yende en Tumelo Jeffrey Tau, se

Lees verder: Warden-plaasaanval-verdagtes voor

Penny Sparrow-fondsinsameling afgehaal ná klagte van Julia Moore en KPMG

‘n Fondsinsamelingsveldtog om Penny Sparrow te help om haar R150 000 boete vir “haatspraak” te betaal, is van die internet verwyder, danksy ‘n klagte van ene Julia Moore, ‘n werknemer van die ouditeursfirma, KPMG. Dit is tans onduidelik of die klagte deur KPMG self of deur me. Moore, wat oënskynlik ‘n maatskaplikegeregtigheidskryger is, aanhangig gemaak

Lees verder: Penny Sparrow-fondsinsameling afgehaal ná klagte van Julia Moore en KPMG

Brief: Waaraan is Lee Harvey Sparrow presies skuldig?

Ek was verstom om te verneem dat die Gelykheidshof Penny Sparrow met ‘n allemintige R150 000 beboet het. Mense wat ernstige misdade soos aanranding of dwelmhandel pleeg, kom dikwels weg met ‘n veel kleiner boete, dikwels so min soos R1000. Tweedens is ek nie seker daar bestaan eens so ‘n persoon soos sy nie. Me

Lees verder: Brief: Waaraan is Lee Harvey Sparrow presies skuldig?

Motors: Die indrukwekkende Suzuki-familie

Die naam Suzuki roep baie goeie herinneringe op van baie vinnige motorfietse soos die GSXR 1000 en die Hayabusa wat byna kultusstatus verwerf het as een van die wêreld se vinnigste supermotorfietse. Baie van ons het met die 50-cc’s van die jare 80 grootgeword en jy was nog altyd of ‘ n Suzuki-man of ‘n

Lees verder: Motors: Die indrukwekkende Suzuki-familie

Sewende week van etniese onrus in Vuwani, Limpopo

Dit is reeds die sewende week waarin skole en dienste in Vuwani ontwrig word in voortslepende etniese geweld tussen Tsongas en Vendas ten spyte van die ANC se verklarings dat die vyandighede begelê sal word. Skole sowel as sakeondernemings bly gesluit na betogings begin het teen insluiting by `n nuwe munisipaliteit in die Vhembe-distrik. Munisipale

Lees verder: Sewende week van etniese onrus in Vuwani, Limpopo