praag.co.za

Sewende week van etniese onrus in Vuwani, Limpopo

Written by

in

,

Dit is reeds die sewende week waarin skole en dienste in Vuwani ontwrig word in voortslepende etniese geweld tussen Tsongas en Vendas ten spyte van die ANC se verklarings dat die vyandighede begelê sal word.

Skole sowel as sakeondernemings bly gesluit na betogings begin het teen insluiting by `n nuwe munisipaliteit in die Vhembe-distrik.

Munisipale voertuie is die naweek in ligte laaie gelaat, terwyl minstens 20 skole voorheen tydens protesoptrede oor munisipale afbakening aan die brand gesteek is.

Agt mense wat die naweek in Vyeboom naby Vuwani in hegtenis geneem is, verskyn vandag in die Thohoyandou Landdroshof in Limpopo.

‘n Polisiewoordvoerder, Ronel Otto sê die polisie was opsoek na ‘n verdagte wat na bewering munisipale vragmotors by Louis Trichardt (Makhado) aan die brand gesteek het.

Toe die polisie die verdagte in hegtenis wou neem, het sewe ander gemeenskapslede die wetstoepassers verhoed en die verdagte beskerm.

Die sewe molesmakers staan nou tereg op aanklagte van openbare geweld en dwarsboming van die gereg, terwyl die agtste verdagte aangekla word van brandstigting.

Dit bring die getal oproeriges wat in Vuwani en omliggende gebiede in hegtenis geneem is, op 34 te staan.

Ten minste 24 verdagtes word verbind met eiendom wat in die gebied aan die brand gesteek is tydens protesoptrede oor munisipale afbakening, insluitend die 20 skole.

Verdagtes van Mulendze is verlede week in hegtenis geneem in verband met drie vragmotors van ‘n gemeenskapsprojek.

Hulle word ook verbind met die beskadiging van huise van personeel van die departement van Waterwese by die Nandonidam.

Intussen is ses bejaarde vroue wat Maandag tydens ‘n onwettige optog in hegtenis geneem is, met ‘n waarskuwing vrygelaat.

Die voorsitter van die onderwysvakbond Sadou, Ronnie Morwatshehla die Venda koning gevra om regstreeks met President Jacob Zuma in gesprek te tree om die geweld in Vuwani te beëindig.

Morwatshehla sê politieke ingryping is nodig om die toestand op te los. Hy glo die Venda-koning kan help om die probleem op te los deur met Zuma te praat.

Comments

3 responses to “Sewende week van etniese onrus in Vuwani, Limpopo”

  1. Anton Schutte Avatar
    Anton Schutte

    omsingel die hele klom met doringdraad en soldate…vlieg dan derduisende liters tlokwe, pangas and bakstene in, verskaf vuurhoudjies en petrol aan elke benobo, en laat die klomp mekaar vir eens en alles “regsien”…Maak seker die koning van die vendas is reg voor…Genoeg is bleddie genoeg!

  2. G Avatar
    G

    Lampawpaw is so gister

  3. Rooikop Avatar
    Rooikop

    Gedwonge integrasie onder hulle eie broers wat boomerang. Hoeveel te meer nie met blankes nie? (Behalwe dat ons mense te slap is om op te staan vir ons eie)

Leave a Reply