‘n Zimbabwiër en sy vrou is Maandagaand in hul huis in Alexandra, noord van Johannesburg, geskiet. Hulle is na die Charlotte Maxeke-hospitaal gehaas. Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het gesê die motief vir die aanval is nog nie bekend nie, maar die aanvallers het die paar geskiet en hulself daarna uit die voete gemaak. Dit is
Zuma voer hoëvlaksamesprekings oor oop grense
Hoëvlaksamesprekings oor Suid-Afrika se migrasiebeleid sal Woensdag in Pretoria gevoer word weens druk op die land om oop grense te bevorder. Suid-Afrika verduur kritiek uit veral ander Afrikalande weens xenofobiese geweld nadat ‘n mesaanval op ‘n Mosambiekse burger, Emmanuel Sithole, wêreldkundig geraak het. President Jacob Zuma sal vandag en môre met sakeleiers, arbeid en gemeenskapsorganisasies
Oop grense: ‘n Ongeluk wat wag om te gebeur
Katie Hopkins, ‘n Britse rubriekskrywer vir die Murdoch-poniekoerant The Sun, is diep in die sop weens ‘n ruwe rubriek oor swart migrante. Enkele dae voordat ‘n boot van sodanige immigrante in die Middellandse See gesink het en ten minste 700 van hulle verdrink het, het Hopkins presies geskryf wat sy dink oor die spul uit
Vier van Jan Kempdorp voor
Vier leerlinge van ‘n hoërskool in Jan Kempdorp verskyn na verwagting vandag weer in die plaaslike landdroshof vir die beweerde aanranding van ‘n mede-leerling. Volgens polisiewoordvoerder, Priscilla Naidu, bly die beskuldigdes in die sorg van hul ouers. Die vier het na bewering tydens ‘n ontgroeningspraktyk ‘n 19-jarige leerling aangerand in sy koshuiskamer by die skool.
Fedsas kry nuwe hoof
Die gewese registrateur van die Universiteit van die Vrystaat (UV) beskou sy aanstelling as uitvoerende hoof van die beheerliggaam-federasie, Fedsas, se instituut vir skoolbeheer as ‘n voorreg. Derek Swemmer sê hy gaan die geleentheid gebruik om die nuwe instituut, wat deel is van Fedsas se struktuur, uit te brei sodat lidmaatskole onder meer by opleidingsgeleenthede
‘Ek het geleer om byvoeglike naamwoorde te vermy’
Ton Vosloo het uitgetree as nie-uitvoerende voorsitter van Naspers, het Nuus24 berig. Vosloo, wat al sedert 1956 by die maatskappy betrokke is, sal deur Koos Bekker vervang word. Vosloo het 23 jaar as voorsitter gewerk. “Naspers en sy vennote is in baie goeie vorm. As ouskool-joernalis het ek geleer om byvoeglike naamwoorde te vermy. So,
Lees verder: ‘Ek het geleer om byvoeglike naamwoorde te vermy’
Sasol verkoop elektrisiteit
Die petrochemiese reus Sasol het ‘n kragkoopkontrak met Eskom aangegaan om elektrisiteit aan die kragnetwerk te verskaf, het Business Day Dinsdag berig. Volgens die berig sal Sasol 440 MW van sy oortollige elektrisiteit tot die kragnetwerk bydra. Alex Anderson, woordvoerder van Sasol, het volgens die berig gesê die ooreenkoms geld al van die begin van
Eiendomsgroep verwyder Voortrekkerstandbeelde eiehandig
‘n Privaatmaatskappy het vier standbeelde in die sentrale sakekern van Pietersburg (Polokwane) in Limpopo verwyder. Hulle het klaarblyklik eensydig tot die onregmatige stap oorgegaan. Dié onwettige stap is geneem nadat een beeld glo beskadig is. Die standbeeld wat met wit verf bemors is, is van ‘n voormalige president van die Zuid Afrikaanse Republiek, Stephanus Schoeman.
Lees verder: Eiendomsgroep verwyder Voortrekkerstandbeelde eiehandig
Zim sê dodetal in xenofobiese geweld ‘n grys gebied
Die polisie in Gauteng het Maandag ontken dat ‘n Zimbabwiese vrou wat onthoof is in Killarney verlede week, ‘n slagoffer van xenofobiese geweld was, maar Zimbawiese hooggeplaastes sê die dodetal is ‘n grys gebied. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het aan News24 gesê die vrou se liggaam is Dinsdag gevind “naby die plek waar die hawelose mense
Lees verder: Zim sê dodetal in xenofobiese geweld ‘n grys gebied
Graadeentjie dood na hy val by skool
‘n Graadeentjie is Maandag by Laerskool Standerton oorlede. “Die leerling, sowat agt jaar oud, het by die skool geval, opgestaan en weer geval en gesukkel om asem te kry,” het ’n bron gesê. “Hy is na die dokter se huis toe gejaag waar die dokter hom dood verklaar het.” “Ons het alles in ons vermoëe
