‘n Oud-onderwyser uit die Vrystaat, een van ‘n paar mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n deel van ‘n kinderpornosindikaat is, het Woensdagin die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Die saak teen die man is uitgestel vir verdere ondersoek tot 28 Oktober. In Augustus het talle mans waaronder ‘n afgetrede skoolhoof, verskyn in verskeie Suid-Afrikaanse howe.
Kuns wat almal koud laat
Afrikaners en selfs Suid-Afrikaners kan daarvoor vergewe word dat hulle nie op hoogte is van die jongste internasionale kunswerk waarby een van hul landgenote betrokke is nie. Nie baie mense ken die naam Steven Cohen nie, en met nadere kennismaking sal hulle waarskynlik ook nie lus voel om meer te wete te kom nie. Cohen
Rooihuiskraal: Inwoner met wapen gedreig by stortingsterrein
Die polisie moes ingryp na ‘n ongelukkigheid by die Rooihuiskraalse stortingsterrein. Die metropolisie het Saterdagmiddag by die stortingsterrein in Rooihuiskraal die situasie onder beheer probeer dwing. Die ingang tot die terrein is afgesper en geen voertuig word mee toegelaat nie. Die metropolisie het die terrein offisieël as gesluit verklaar. Persone wat tuinvullis wil verwyder word
Lees verder: Rooihuiskraal: Inwoner met wapen gedreig by stortingsterrein
Voorwaardes vir oorlewing
Deur Johann Theron Die Suid-Afrikaanse debat poog om die algemene gesprek te bevorder, om sodoende die land self te verbeter. Suid-Afrika is moontlik ‘n organisasie, waarvan afgelei word dat gewone organisatoriese verbeteringstegnieke aangewend kan word soos byvoorbeeld: 1. Leiding of leierskap met hernude energie en nuwe benaderinge 2. Prosesverbetering en optimisering 3. Kapasiteitsopbouiing met behulp
Alternatiewe vir ANC, DA se vernietigingswerk
Welklinkende beloftes oor die beskerming van minderhede se regte het twee derdes van Suid-Afrika se witmense in 1992 oorreed om te stem ten gunste van ‘n nuwe politieke bestel. Van daardie beloftes het niks gekom nie en die wrange vrugte daarvan word vandag gepluk, sê mnr. André Fourie, oud-minister en die Vryheidsfront Plus se raadslid
Staatsinmenging kan selfoontariewe verlaag
Goeie nuus vir Suid-Afrikaanse selfoongebruikers is dat die staat besig is met stappe wat daartoe kan lei dat selfoontariewe in die afsienbare toekoms kan daal, sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor kommunikasie. Adv. Alberts het in ‘n geskrewe vraag aan die minister van kommunikasie gevra of sy sal toesien dat
OVK gee onafhanklike kandidate gelyk
Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, sê die ANC is gereed om vandag se tussenverkiesings in die Tlokwe-munisipaliteit in Portchefstroom in Noordwes te wen. Hy het gepraat nadat die Kieshof in Bloemfontein ses van die nege tussenverkiesings wat vandag gehou moes word, op die nippertjie uitgestel het. Die ses tussenverkiesings is uitgestel nadat die
Drie pleit skuldig op Muldersdrift-moorde
Drie swart mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ’n 13-jarige meisie en ’n 50-jarige man verlede jaar in Muldersdrift vermoor het, het skuldig gepleit. Die drie het ook skuldig gepleit op ’n reeks ander misdade, het The Star berig. Alfred Zwane (27), Samson Mandlezi (23) en Manir Lubisi (27) het Maandag in die Suid-Gautengse
BBP-soldaat dood in motorfietsongeluk
’n Lid van die weermag is in ’n motorfietsongeluk dood toe hy ’n BBP in Kempton Park in Gauteng vergesel het, het die Suid-Afrikaanse weermag gesê. Brig.genl. Xolani Mabanga, woordvoerder, sê die soldaat het beheer oor sy motorfiets verloor terwyl hy die BBP vanaf OR Tambo- internasionale lughawe vergesel het. “Die oorledene was ’n lid
Ma ondersoek na vier kinders doodbrand
‘n Ondersoek is aan die gang na die branddood van vier kinders van dieselfde gesin in die Gedleza-gebied op Jozini in Kwa Zulu-Natal. Die swart ma het na bewering die kinders Sondagaand met ‘n brandende kers in die huis toegesluit. Gasbottels wat in die huis was het ontplof. Die bure het die rook gesien en
