‘n Vier-en-twintigjarige vrou is in hegtenis geneem in verband met ‘n liggaam wat in die kattebak van ‘n motor by Montecasino noord van Johannesburg gevind is. ‘n Polisiewoordvoerder, Lungelo Dlamini sê die vrou is gisteraand naby Douglasdale in hegtenis geneem. Die liggaam is Sondag ontdek nadat die motor vir ‘n aantal dae by Montecasino geparkeer
Kultuuroorlog woed verder oor geweldsmisdaad
Terwyl jong swart en bruin mans oorwegend vir Suid-Afrika se vlaag van geweldsmisdaad verantwoordelik is, wend die hoofstroommedia – sowel Suid-Afrikaans as buitelands – verbete pogings aan om blanke mans hiervoor verantwoordelik te hou. In ‘n artikel verlede Sondag het die marxistiese feminis, Gillian Schutte, in die Sunday Independent geargumenteer dat die probleem in Suid-Afrika
‘Al Kaida het versplinter’
President Barack Obama het aan die Verenigde Nasies gesê ”die wêreld is ‘n meer stabiele plek as vyf jaar gelede, maar die aanval in Kenia wys hoe ernstig die gevaar van terreur steeds is.” Obama sê al-Kaida het in streeksnetwerke versplinter en hou ‘n “ernstige bedreiging in vir regerings, diplomate, sakeondernemings en burgerlikes regoor die
E-tol: appèl vandag in Bloemfontein gehoor
Wayne Duvenage, voorsitter van Outa, die Bondgenootskap teen Stedelike Tol, sê hulle appèl teen die Noord-Gautengse Hooggeregshof se beslissing rakende die e-tolstelsel in Gauteng word vandag aangehoor. Dit sal een van die laaste pogings wees om die ongewilde e-tolstelsel in die howe te kelder in die appèlhof in Bloemfontein. Duvenhage wat die laaste paar jaar
Dodetal in Keniaanse aanval kan verder styg
Buitelandse forensiese spanne help in Kenia met die uitkenning van die liggame van slagoffers van die naweek se aanval deur Al-Shabaab militante in die Westgate winkelsentrum in Nairobi. Die dodetal kan vermoedelik verder styg met sowat 51 mense van wie daar nog nie rekenskap gegee kan word nie. Dit volg nadat drie vloere van die
DA-woordvoerder sê ANC is beslis beter as ‘apartheid’
Die DA-woordvoerder, Mmusi Maimane het Maandag gesê dat Julius Malema verkeerd was deur te sê dat die ANC-regering erger as die apartheidsregering is. “U mag gehoor het dat Julius Malema oor die naweek gesê het dat die ANC erger as apartheid is. Dit is verkeerd om dié indruk onder Suid-Afrikaners te skep,” het hy in
Lees verder: DA-woordvoerder sê ANC is beslis beter as ‘apartheid’
Om stropers dood te skiet ‘skep probleme’
Suid-Afrika se stryd teen renosterstropery kan net gewen word met ‘n politieke oplossing waarby buurstate en Asiese lande betrek word. Professor Moses Montesh van die department Polisiepraktyk aan Unisa het dié boodskap oorgedra aan afgevaardigdes by ‘n byeenkoms van die Internasionale Vereniging van Polisievroue in Durban. Montesh het daarop gewys dat renosterstropery in Mosambiek net
Mdluli nogmaals aangekla
Die Pretoriase hooggeregshof het Maandag ‘n besluit deur die NGV om kriminele klagte en dissiplinêre optrede teen misdaadintelligensiehoof Richard Mdluli terug te trek, ter syde gestel. Die hof het ook beslis dat die polisiekommisaris, Riah Phiyega stappe moet doen om weer dissiplinêre aanklagte teen hom in te stel. Regter John Murphy beslis het dat kriminele
Lyk in kattebak geïdentifiseer
Die Gautengse polisie is op soek na ‘n aantal verdagtes nadat die ontbindende lyk van ‘n man in die kattebak van ‘n motor by die Montecasino-sentrum in Fourways, noord van Johannesburg, gevind is. Volgens amptenare het sekuriteitswagte Sondag op die lyk afgekom nadat hulle ondersoek ingestel het na ‘n slegte reuk wat vanuit die motor gekom het.
Dogter van Britse soldaat glo by Keniaanse aanval betrokke
Die departement van Binnelandse Sake sê hulle is besig met ‘n deeglike ondersoek en sal met Keniaanse owerhede saamwerk om te bepaal of ‘n Suid-Afrikaanse paspoort wat verbind word met die aanval op ‘n winkelsentrum in Nairobi, vervals was of nie. ‘n Britse vrou wat die “’wit weduwee” genoem word, word ondersoek nadat ‘n Keniaanse
Lees verder: Dogter van Britse soldaat glo by Keniaanse aanval betrokke
