Mugabe lyk oud en afgeleef

Zimbabwiese diktator, Robert Mugabe, 91, het na bewering Dinsdag tydens dié land se Weermagdag-vieringe besonder moeg en afgeleef gelyk, het News Day berig. Volgens dié berig het hy gesukkel om te stap tot by die podium waar hy sy toespraak in minder as 30 minute gelewer het. Hy het ook vir ’n paar minute tydens

Lees verder: Mugabe lyk oud en afgeleef

Grondwetkrisis dreig in Guinee-Bissau

Spanning, aangevuur deur klaarblyklike oor­vleuelende pligte in Guinee Bissau se semi-presidentstelsel, is sedert verkiesings verlede jaar tussen pres. Jose Mario Vaz en die eerste minister, Domingos Simoes Pereira, aan die oplaai. Dié land lê suid van Senegal in Wes-Afrika. Die ongemaklike omstandighede het begin kort ná die verkiesings wat burgerlike regering ná ’n staatsgreep in

Lees verder: Grondwetkrisis dreig in Guinee-Bissau

Mediese studente kry nie kadawers nie

Suid-Afrikaanse universiteite ondervind ‘n tekort aan kadawers vir mediese studies, het RSG berig. Die Anatomiese Vereniging van Suider-Afrika sê die tekort het ontstaan weens die toename in mediese studente regdeur die land en die afname in die skenking van liggame. ‘n Woordvoerder van die vereniging sê die tekort het ‘n nadelige uitwerking op die opleiding

Lees verder: Mediese studente kry nie kadawers nie

Al nege onderwysdepartemente kry druipverslae

Al nege provinsiale onderwysdepartemente het druip-rapporte gekry vir die bou van nuwe klaskamers en die instandhouding van skole. Dit is volgens ‘n prestasie-verslag deur die ouditeur-generaal. Die verslag het tekortkominge met infrastruktuurprojekte in al nege provinsies uitgewys. Van die bevindinge gaan oor die verontagsaming van tenderprosedures, die feit dat projekte nie gemonitor word nie en

Lees verder: Al nege onderwysdepartemente kry druipverslae

Turkye gebruik ISIS as verskoning om Koerde aan te val

Vegvliegtuie het Maandag en Dinsdag 17 Koerdiese teikens in die Hakkari-provinsie aangeval as deel van ’n hernude aanslag op die verbanne Koerdiese Werkersparty (PKK). Reuters berig dat die gewapende stryd reeds vir drie dekades teen Koerdiese selfbeskikking duur. Turkye, wat ’n lidland van die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie (Navo) is, het verlede maand met ’n sogenaamde “gesinchroniseerde

Lees verder: Turkye gebruik ISIS as verskoning om Koerde aan te val

Onluste nadat migrante in stadion toegesluit word

Polisiemanne op die Griekse eiland Kos het probeer om honderde migrante te beheer, deur hulle met brandblussers te spuit en met knuppels te slaan nadat onluste uitgebreek het. Die polisie het migrante met knuppels geslaan om ’n stormloop te voorkom, ’n dag nadat ’n Griekse beampte verfilm is waar hy ’n migrant klap. Die voorval

Lees verder: Onluste nadat migrante in stadion toegesluit word

Leon Lemmer: Naspers: Perspektief op 100 jaar (Deel 1)

Nasionale Pers is in 1915 gestig. In 1998 is die naam na Naspers verander; nie net om die naam te verkort nie, maar blykbaar ook om die maatskappy duideliker van assosiasie met die Nasionale Party en apartheid te distansieer. ‘n Eeu na die stigting is fees gevier en ‘n boek gepubliseer: ‘n Konstante Revolusie: Naspers,

Lees verder: Leon Lemmer: Naspers: Perspektief op 100 jaar (Deel 1)

Goudmynloononderhandelinge bereik dooiepunt

Loononderhandelinge in die goudsektor het gister ’n dooiepunt bereik nadat die vakbonde Amcu en die NUM die jongste loonaanbod van die hand gewys het, het OFM berig. Die geskil is na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys. Die aanbod wissel tussen 7,8% en 13% vir werknemers in kategorieë vier tot agt. Woordvoerder

Lees verder: Goudmynloononderhandelinge bereik dooiepunt

Vermiste man in hospitaal oorlede

David John Bardsley is Dinsdag in die Tambo Memorial Hospitaal oorlede. Sy broer, Melvin (45), het Woensdag aan die Herald gesê dat hy inligting ontvang het, wat daarop gedui het dat sy broer moontlik in die hospitaal kon wees. Hy het gaan navraag doen en uitgevind dat David Dinsdag (11 Augustus) oorlede is. “Sover ek

Lees verder: Vermiste man in hospitaal oorlede

Noodlanding by lughawe op Bloemfontein

‘n Vlieguig onderweg na George moes gistermiddag ‘n noodlanding uitvoer op die Bloemfonteinse lughawe, wat deesdae na die kommunistiese leier Bram Fishcer, vernoem word, volgens die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika. “‘n SA Express-vliegtuig was op pad George toe die OR Tambo- internasionale lughawe af toe dit ‘n probleem ervaar het en na die Bram Fischer- internasionale lughawe

Lees verder: Noodlanding by lughawe op Bloemfontein