‘n Vliegtuig van die Oekraïne met sewe mense aan boord het in die Sahara-woestyn in Algerië neergestort, het die Algerynse staatsmedia (APS) berig. Die Antonov 12-vragvliegtuig, wat onderweg was na Ekwatoriaal-Guinee vanaf Glasgow in Skotland, het omstreeks 02:00 Saterdagoggend naby die grens van Mali en die Niger neergestort. Dit het vroeër by ‘n lughawe in
Toestand uiters gespanne op Kaapse Vlakte
Oproer in Nyanga en Philippi op die Kaapse Vlakte het gesorg vir ‘n uiters gespanne toestand in die gebied. Die onrus het uitgebreek toe taxibestuurders begin staak het nadat hulle na bewering deur verkeersbeamptes en taxi-eienaars geteister word. Sewe busse van Golden Arrow is aan die brand gesteek en nog busse is gevandaliseer. Die spanning
Zuma: Jesus moet weer kom
Pres. Jacob Zuma wil hê “God moet weer sy seun aarde toe stuur net om ons almal hierdie keer van ons sondes te kom reinig”. Die president het sy besoek aan Rusland met ‘n dag verkort om Suid-Afrikaanse hoë kommissarisse en ambassadeurs toe te spreek. Hy het ‘n beroep gedoen om die land se ekonomie
Paniek heers in Kiëf weens nederlae teen selfverdedigingsmagte
Die Russiese President, Wladimir Poetin het ingestem tot samesprekings om Oos-Oekraïne se selfstandigheid te bespreek. Dit moet volgens Poetin gedoen word om die regmatige belange van mense in die gebied te beskerm. Samesprekings word vandag in Mintsk in Belo-Rusland tussen die Europese Unie, die Oekraïne en Rusland gevoer om die krisis in die Oekraïne te
Lees verder: Paniek heers in Kiëf weens nederlae teen selfverdedigingsmagte
Die berge treur, hoofstuk 1
[soundcloud id=’165696713′] Hierdie verhaal deur die Franse skrywer Henri Troyat gaan oor die berggids Isaie Vaudagne wat deur sy jonger broer Marcellin aangesê word om saam met hom na die toneel van ‘n vliegongeluk in die Alpe te gaan om die dooie passasiers te gaan besteel. Ná sy eie bergongeluk jare gelede, wou Isaie nooit
Aardbewing skud Windhoek
Die skudding en vibrasies wat Dinsdag omstreeks 03:52 deur Namibiërs gevoel is, is niks meer as ’n gewone geologiese gebeurtenis nie. Volgens ’n mediaverklaring wat gister deur die direktoraat van geologiese opname uitgereik is, is ’n lesing van die skudding slegs by sy stasie op Windhoek geneem. “’n Aardskudding van onbekende grootte is by die
Nuwe komitee sal besluit of EFFers geskors word
‘n Nuwe komitee oor Magte en Voorregte wat deur die parlement aangewys is, sal vergader om klagtes en optrede teen parlementslede van die EFF te ondersoek. Die komitee is aangewys om die gedrag van 25 EFF-lede tydens president Jacob Zuma se vraetyd te oorweeg. Die Speaker van die nasionale vergadering, Baleka Mbete het verlede Dinsdag
Lees verder: Nuwe komitee sal besluit of EFFers geskors word
Ollie se konsertina stil
Die boeremusiek-legende Ollie Viljoen is op 76-jarige ouderdom oorlede. Viljoen het diep spore getrap in boeremusiek. Hy was ook bekende gesig in TV programme soos Spies en Plessis en Maak ‘n Las. Hy het in 2007 van Gauteng na die Wes-Kaap verhuis nadat hy afgetree het, maar hy was steeds bedrywig met opnames, toere, produksies
SAOG byeen om politieke krisis in Lesotho te bespreek
Hoë vlak samesprekings word vandag in Pretoria voortgesit in ‘n poging om die politieke krisis in Lesotho te beëindig. Die staatshoof, premier Thomas Thabane het gevlug en kruip glo in Ladybrand weg. Intussen het die adjunk-premier Mothejoa Metsing aan AFP gesê hy het Lesotho vir samesprekings in Pretoria verlaat. “Dit is weens die uitnodiging van
Lees verder: SAOG byeen om politieke krisis in Lesotho te bespreek
Potgooi: Gesprek oor die Oekraïne
[soundcloud id=’165571301′] Tydens hierdie praag-potgooi gesels Dan en Karin Roodt oor die konflik in die Oekraïne, hoe dit ontstaan het, waarheen dit mag lei, asook die implikasies daarvan vir Suid-Afrika.
