Die Britse bo-lip bewe

Die Britte se vermaarde stywe bo-lip het effens begin bewe. Brittanje verbruik meer anti-depressante as byna al hulle bure in Europa, het ‘n internasionale studie het bevind. Die Verenigde Koninkryk het die sewende hoogste voorskryfkoers vir medikasie soos Prozac in die Westerse wêreld, met 71 daaglikse dosisse per dag vir elke 1000 inwoners in 2011.

Lees verder: Die Britse bo-lip bewe

Koste van privaatsorg moet verlaag word sê minister

Die regering wil hê die koste van privaat-gesondheidsorg moet verlaag word om by te dra tot die sukses van die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering. Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi sê die privaat-gesondheidsorgbedryf is gekant teen verandering en wil hê mense moet glo gesondheidsorg is duur. Motsoaledi sê gesondheidsorg moet bekostigbaar wees. Hy sê die gehalte

Lees verder: Koste van privaatsorg moet verlaag word sê minister

Tutu: Gebrek aan vergoeding deur WVK, ernstige fout

Onvermoë van die Waarheid-en-Versoeningskommissie om reparasie aan die slagoffers van apartheid te verseker, is een van die liggaam se mees “ernstige” foute, sê Desmond Tutu. By ‘n seremonie wat deur die Instituut vir Geregtigheid en Versoening gehou is dié week, het die emeritus-aartsbiskop uitgevaar teen die gebrek aan vergoeding vir slagoffers. Sy kommentaar val saam

Lees verder: Tutu: Gebrek aan vergoeding deur WVK, ernstige fout

EU plaas invoerverbod op Suid-Afrikaanse sitrus

‘n Invoerverbod op Suid-Afrikaanse sitrus is deur die Europese Unie ingestel. Die verbod volg nadat 36 sitrusbesendings uit Suid-Afrika onderskep is. Die EU het ‘n invoerverbod geplaas op die meeste sitrusprodukte wat in Suid-Afrika geproduseer word. Die rede wat die EU aanvoer is dat ‘n swamsiekte, Swartvlek of Swartkolsiekte, in van die besendings gevind is. ‘n

Lees verder: EU plaas invoerverbod op Suid-Afrikaanse sitrus

Onderwysers gevang wat armes se kos steel

Ses onderwysers van ‘n skool in Sakhile naby Standerton is in hegtrenis geneem nadat hulle na bewering kos gesteel het wat vir arm en honger kinders bedoel was. Die polisie in Mpumalanga sê die leerkragte word aangehou. Kolonel Leonard Hlathi sê die polisie het die kruideniersware vir die skool se skolevoedselprogram in die onderwysers se

Lees verder: Onderwysers gevang wat armes se kos steel

Groep dreig met opmars na Kaapstad teen hofbevel

Die hooggeregshof in Kaapstad het ‘n dringende hofbevel aan die Kaapstadse metroraad toegestaan om enige onwettige protesoptogte te keer. ‘n Optog van EFF-simpatiseerders en die Kaapstadse Informele Nedersettingsgroep wat vandag gehou word, het sake-ondernemings in die middestad reeds gewaarsku dat hulle hul deure moet sluit. Vroeër die maand het oproermakers in die middestad omstanders aangerand, vensters gebreek

Lees verder: Groep dreig met opmars na Kaapstad teen hofbevel

Hewige storms, hael tref Gauteng

Hewige storms oor Gauteng het Donderdagmiddag verwoesting gesaai. Teen vieruur was dit pikdonker soos swaar reënwolke oor die provinsie saamgepak het. Nooddienste in verskeie dele van Gauteng was deur die die nag op ‘n gereedheidsgrondslag. Fratsvloede het huise en paaie oorstroom, sterk winde het dakke afgewaai en haelkorrels so groot soos gholfballe, het motorruite uitgeslaan,

Lees verder: Hewige storms, hael tref Gauteng

Zimbabwiërs vas vir moord na wenk van oom

Twee broers van Zimbabwiese en ’n derde verdagte is in verband met ’n moord en rooftog in die Johannesburgse middestad in hegtenis geneem. Die twee is Donderdag op die hoek van Leyds- en Twiststraat gevang nadat hulle oom die polisie in kennis gestel het dat hulle ’n moord gepleeg het, het ao. Xoli Mbele gesê.

Lees verder: Zimbabwiërs vas vir moord na wenk van oom

Gaan die VF+ die DA se krisis vermors?

deur Manfred Delport [followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’] Volg Manfred op Facebook. Ai, hoe het ek my verlekker aan die DA se onlangse bontstanery oor rassistiese regstellende aksie!  Laasgenoemde is eintlik ‘n toutologie; daar is geen ander soort “regstellende” aksie as rassistiese regstellende aksie nie, en RA kan net sowel ‘n afkorting wees vir rassistiese aksie. Dit

Lees verder: Gaan die VF+ die DA se krisis vermors?

Generaal-majoor Jooste sê nog hulpbronne sal renoster red

Die hoof van die teen-stropingseenheid in die wildtuin, generaal-majoor Johan Jooste sê om die stryd teen renosterstropery te wen, sal ‘n nuwe plan verg. Jooste sê die strategie sal verander moet word om die bedreigde diere te red. Die Nasionale Gesamentlike Operasionele Sentrum, gekoördineer deur die Direktoraat van Prioriteitsmisdaadondersoeke, het renosterstropery onlangs op sy prioriteitslys geplaas.

Lees verder: Generaal-majoor Jooste sê nog hulpbronne sal renoster red