Iran het Saterdag ’n reusetree vorentoe gegee om sy internasionale afsondering te beëindig, toe sanksies teen die land opgehef is. Die geskiedkundige kernooreenkoms met verskeie wêreldmagte wat in Julie gesluit is, het uiteindelik in werking getree, het AFP berig. Iran se pres. Hassan Rouhani, wie se verkiesing in 2013 gehelp het om die reuse diplomatieke
Taiwan kry eerste vrouepresident
Taiwan se eerste vrouepresident, Tsai Ing-wen, geniet ’n breë mandaat ná haar oortuigende oorwinning in die pas afgelope verkiesings, het AP berig. Haar pro-onafhanklikheidsparty het ‘n nuwe wetgewende meerderheid behaal, maar om die eiland se delikate betrekkinge met China te bestuur, sal ’n groot uitdaging wees. Tsai, 59, het met haar inhuldingsboodskap gesê betrekkinge met
Verkeershoof vas vir bedrog
Die hoof-verkeersbeampte van die Maquassi Hills-munisipaliteit op Wolmaransstad in Noordwes verskyn na verwagting vandag weer in die hof op verskeie aanklagte van bedrog. Judas Mahlangu se aansoek om borgtog is vroeër in die landdroshof op Wolmaransstad geweier nadat hy in September verlede jaar versuim het om in die hof te verskyn. Hy het na bewering
Menslike dele in vrieskas gevind
‘n Swart man (27) van Kuruman verskyn na verwagting vandag in die landdroshof op Mothibistad nadat menslike organe na bewering in sy vrieskas gevind is. Ernest Mabilo doen vandag aansoek om borgtog. Volgens Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, Mohale Ramatseba, is ‘n hart en longe verlede Vrydag in Mabilo se vrieskas gevind. Mabilo, wat by ‘n begrafnisonderneming in
Tuks gesluit weens werkersopstand
Die Universiteit van Pretoria (UP) sal gesluit bly vir registrasie tot verdere kennisgewing ná gewelddadige betogings deur uitgekontrakteerde skoonmakers verlede week op die kampus. In ‘n verklaring, het UP woordvoerder Anna-Retha Bouwer gesê ‘n vergadering met die kontrakwerkers oor hul griewe het Saterdag op ‘n dooiepunt geëindig. Dié werkers stel klaarblyklik nie belang in gelyke
Tennis, krieket geskud deur knoeiery
Internasionale tennis is geskud oor bewerings dat die tennisowerhede nie opgetree het teen grootskaalse wedstrydknoeiery nie. Die tennisbase het berigte deur die BBC ontken dat 16 spelers wat deel van die topgekeurde 50 spelers is betrokke is. Volgens dokumente wat in besit van die BBC is, is die spelers na bewering die afgelope dekades gereeld
Droogte nog nie gebreek nie
Onlangse goeie reënval in droogtegeteisterde dele van die land het nog steeds nie die vlakke van damme en riviere na wense aangevul nie. In die Vrystaat, Noordwes, Noord-Kaap en dele van Limpopo is die droogte nog nie gebreek nie. Die land se sentrale weerkantoor sê die vooruitsigte op buie en donderbuie lyk tot 30 Januarie
Brief: Kabeldiefstal laat helfte van Koster sonder krag; munisipaliteit skuld te veel
Ongeveer die 20 Desember 2015 steel hulle ‘n ondergrondse hooflynkabel in Koster wat omtrent die helfte van Koster kragloos laat. Die munisipaliteit het nie geld om die kabel te koop van hulle gereelde verskaffers nie omdat hulle derduisende rande skuld aan die verskaffer. Een van on belastingbetalersvereniginglede wil toe die kabel uit sy eie sak
Lees verder: Brief: Kabeldiefstal laat helfte van Koster sonder krag; munisipaliteit skuld te veel
Leon Lemmer: Barack Obama vanuit Afrikanerperspektief
In Suid-Afrika het ons in 1990/1994 die oorskakeling na die veelgeprese demokratiese orde beleef, waarin alle volwasse inwoners stemreg het; dus eintlik ‘n gepeupelkrasie. Ingevolge FW de Klerk se beloftes sou die nuwe Suid-Afrika vry van kommunisme en geweld wees. Pleks daarvan was al die staatshoofde sedert 1994 kommuniste en word die geweld, wat so
Lees verder: Leon Lemmer: Barack Obama vanuit Afrikanerperspektief
praag.co.za bereik 19 000 gepubliseerde artikels!
Lesers van praag.co.za sal dalk verras wees om te verneem dat ons so pas met die publikasie van Karel Combrinck se jongste rubriek die mylpaal van 19 000 artikels verbygesteek het. Diegene van u wat ons op mobiele toestelle lees, het seker al agterkom hoe aantreklik die blad op ‘n slimfoon of tablet vertoon, asook hoe
Lees verder: praag.co.za bereik 19 000 gepubliseerde artikels!
