Zim-inflasie op 66 000%

ZIMBABWE se jaarlikse inflasiekoers het in Desember tot ‘n rekord ses-en-sestigduisend, tweehonderd-en-12 persent gestyg.  Dit is nog ‘n vuishou vir President ROBERT MUGABE se pogings om sy land uit ‘n diep ekonomiese moeras te trek. MUGABE het die stryd teen inflasie die hoeksteen van sy regering se poging gemaak om ekonomiese verval om te keer.

Lees verder: Zim-inflasie op 66 000%

Sekuriteitswagte skiet 4 gewapendes

Niemand is vanoggend beseer toe sekuriteitswagte deur vier gewapende mans in PRETORIA  aangeval is nie. Polisie segsman JAN LEGOABE sê die sekuriteitswagte het geld by ‘n bekende hardeware saak in Gezina in PRETORIA afgelewer. Hulle het op die aanvallers geskiet wat daarna in ‘n gekaapte voertuig weggejaag het.  Bronne sê daar bestaan kommer in polisiegeledere

Lees verder: Sekuriteitswagte skiet 4 gewapendes

Skerpioenekwessie kan in Grondwethof beland

Die ANC erken die moontlikheid dat die ontbinding van die Skerpioene in die Konstitusionele Hof kan beland. Meer as 3 500 mense het ‘n petisie onderteken om die ontbinding van die Skerpioene te keer  en nie  by die SA Polisiediens in te lyf nie.  BOB GLENISTER wat met die petisie aanlyn begin het, sê die

Lees verder: Skerpioenekwessie kan in Grondwethof beland

Indiese premierliga kan krieket hupstoot gee

Indiese Premierliga (IPL) kan krieket wêreldwyd ‘n hupstoot gee as organiseerders verseker dat dit nie met internasionale wedstryde oorvleuel nie. Kaptein GRAEME SMITH sê skedulering gaan die sleutel tot IPL se sukses wees. As dit behoorlik hanteer en struktureer word kan dit net tot voordeel van die spel wees. SMITH sê die span fokus nou

Lees verder: Indiese premierliga kan krieket hupstoot gee

Pikoli doen voorlegging aan kommissie

Die geskorsde Direkteur van Openbare Vervolgings VUSI PIKOLI het ‘n voorlegging aan die GINWALA  Kommissie van Ondersoek gedoen. Dit is PIKOLI se reaksie op ‘n regerings voorlegging wat in Januarie aan die kommissie voorgelê is. Kommissiesegsman LAWSON NAIDOO sê PIKOLI se voorlegging sal bestudeer word en daarna aan die regering beskikbaar gestel word. Die regering

Lees verder: Pikoli doen voorlegging aan kommissie

Israel-ambassades op gereedsheidsgrondslag

ISRAEL se ambassades is op die hoogste gereedheidsgrondslag geplaas nadat die Hezbollah-leier gedreig het om op enige plek in die wêreld toe te slaan. Dit nadat een van sy top bevelvoerders in ‘n sluipmoord aanval dood is. Die FBI het Amerikaanse anti-terreureenhede op die hoede geplaas om Joodse instellings te beskerm. HASSAN NASRALLAH het Sioniste

Lees verder: Israel-ambassades op gereedsheidsgrondslag

No more sushi

Israel’s nationwide sushi craze is being endangered by a wasabi-strength threat: The government, seeking to protect local jobs, wants to send all foreign-born Asian chefs packing by January 2009. Asian food has become increasingly popular in Israel, fueled by the large number of young Israelis who travel to the region in an unofficial rite of

Lees verder: No more sushi

Minderjariges behoort nie eed te sweer

Die Christelike etos bepaal dat die aflegging van ’n eed by hoë uitsondering en onder baie spesiale omstandighede mag geskied omdat dit ’n vaste onderneming teenoor God en bindend op die gewete is.

Daar is heelparty kerkgenootskappe wat die aflegging van ’n eed geheel en al afkeur en selfs verbied. 

Lees verder: Minderjariges behoort nie eed te sweer

So lyk SA oor 20 jaar…

Tot die onsteltenis van die liberale kliek en tot my eie verligting, het die NSA nou uiteindelik begin om die lang verwagte regressiepad te stap. Ek kon die volgehoue voorspoed van die NSA net nie verklaar nie. Die boodskap kom nou hard en duidelik deur, ja selfs hier in Engeland, dat dinge nie goed gaan met die ANC-regering nie. In hierdie week nog het die BBC op hulle Panoramaprogram 'n minder rooskleurige prentjie van die NSA en sy regering geskets.

Lees verder: So lyk SA oor 20 jaar…

Die nuwe pessimisme

ImageVyf, ses jaar gelede het ek in Rapport geskryf dat Suid-Afrika op ʼn Zimbabwe afstuur. Destyds is sulke kommentaar honend deur Suid-Afrika se koor aartsoptimiste begroet wat my gewys het op “die beste grondwet ter wêreld”, die groeiende ekonomie, “goeie rasseverhoudinge” en dergelike meer. Toentertyd het ek soos ʼn pretbederwer gevoel deur mense te wys op die onontwykbare realiteite van transformasie en die anti-blanke ideologie wat daarmee saamhang.

Tans beleef ons ʼn sentimentrevolusie in Suid-Afrika. Diegene wat vyf jaar gelede nog popelend positief was oor die wonderlike ANC-regering en Trevor Manuel se onoortreflike finansiële bestuur, is besig om al hoe meer swartgallig te raak.

Lees verder: Die nuwe pessimisme