Die geskorsde Direkteur van Openbare Vervolgings VUSI PIKOLI het ‘n voorlegging aan die GINWALA Kommissie van Ondersoek gedoen. Dit is PIKOLI se reaksie op ‘n regerings voorlegging wat in Januarie aan die kommissie voorgelê is. Kommissiesegsman LAWSON NAIDOO sê PIKOLI se voorlegging sal bestudeer word en daarna aan die regering beskikbaar gestel word. Die regering het tot 25 Februarie tyd om op die voorlegging te reageer. NAIDOO sê GINWALA sal na ontvangs van al die voorleggings besluit of ‘n verhoor gehou moet word. Sy sal ook uitsluitsel gee of die verhoor in die openbaar of privaat gehou gaan word. Die Kommissie se verwysing is, of PIKOLI geskik is om die pos van Direkteur van die NVA te beklee en die werksverhouding tussen hom en Justisieminister BRIGITTE MABANDLA.
