Skerpioenekwessie kan in Grondwethof beland

Die ANC erken die moontlikheid dat die ontbinding van die Skerpioene in die Konstitusionele Hof kan beland. Meer as 3 500 mense het ‘n petisie onderteken om die ontbinding van die Skerpioene te keer  en nie  by die SA Polisiediens in te lyf nie.  BOB GLENISTER wat met die petisie aanlyn begin het, sê die regering se planne om die Skerpioene te ontbind, beroof SUID-AFRIKA van ‘n waghond. Verskeie drukgroepe wat die voortbestaan van die Skerpioene bepleit, is ook op die gewilde webwerf Facebook, op die been gebring. Intussen sê UDM leier BANTU HOLOMISA,  die publiek het die reg om te weet, wat hy noem, die eintlike rede is waarom die regering die Skerpioene wil ontbind.

ігри для дєвокФильчаков Александр Васильевич