Die interessante vir my was egter die feit dat die Afrikaner nie eens genoem is in hierdie program nie. Dis asof die ou SA met al sy eerstewêreldtegnologie nooit bestaan het nie. Net apartheid is nog op die kaart. Dis ook opmerklik dat daar vir geen oomblik erken word dat swart SA is waar hy is agv swart onvermoë nie. Nee, die verklaring vir die ineenstorting is baie meer ingewikkeld en amper magies. Apartheid speel natuurlik 'n aansienlike rol.
Ons is ons land kwyt. Ek het dit aanvaar. Die meeste van my Afrikanergenote dink liefs nie daaroor nie. Ek het dit goed gedink om 'n tydsprong van 20 jaar te waag en 'n verwagtingsblik weer te gee. Ek baseer my verwagtinge tot 'n groot mate op wat met Rhodesië en sy blankes gebeur het.
Staatkundig:
Afrikaners word nog deur enkele individue in een of ander irrelevante politieke struktuur verteenwoordig. Die enigste nut daarvan is inligting en dit onderhou 'n paar gesinne. Dis meestal vertoon deur die swart regering. Blankes in die algemeen neem nie meer aan politiek deel nie. Engels is die amptelike spreektaal, met 'n vertoon van Xhosa en Zoeloe vir effek. Die staatsdiens is swart en baie korrup soos die norm is in Afrika suid van die Sahara. Al die belangrike stede en instellings het Afrikaname. Daar is geen amptelike Afrikanerinstellings oor behalwe dié wat self geskep en uitgebou word nie, en hulle is maar klein.
Kommunikasie:
Radio Pretoria is die enigste Afrikaanse uitsaai-instansie en doen nou ook op klein skaal tv-uitsendings. Daar is nog enkele Afrikaanse liberale koerante oor. Die meeste kommunikasie in Afrikaans geskied op die internet.
Onderwys:
Alle skole en universiteite is Engels en oorwegend swart. Privaatinstellings word deur wetgewing gedwing om die bevolkingsamestelling te weerspieël. Vir die meeste blankes is tersiêre studie in die buiteland wenslik maar finansieel onmoontlik.
Besigheid:
Groot besighede is ten volle getransformeer. Klein sake is baie klein en beweeglik om al die Afrikawetgewings te fnuik – dis elke man vir homself. SA is grotendeels 'n invoerland. Landbou is meestal in die vorm van bestaansboerderye met moontlik enkele groot spogeenhede.
Stede:
Slegs sekere woonbuurtes word onderhou en massas plakkerskampe verswelg die groter sentra. 'n Mate van verval in riolering en infrastruktuur is nou al sigbaar. Daar bestaan nog groot blanke woonbuurte in dele van die vorige bedeling se stede, maar dis maar klein in vergelyking met die massas rondom.
Kultuur:
Die amptelike kultuur is dié van die heersende ANC. Alle ander kulture is op hulle eie aangewese en grotendeels irrelevant. Afrikaners en tot 'n mate die Engelse blankes skakel grotendeels in by die NSA en probeer maar net ekonomies oorleef. Dit word algemeen aanvaar dat dié wat kan, emigreer of ten minste hulle familie vanuit die buiteland ondersteun. Daar is 'n lewendige Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf.
Kortom, die NSA het net soos al die vorige kolonies die pad van onafhanklikheid gestap. Dis 'n geleidelike proses en mense pas aan by hulle omstandighede. Dit kan ook nie anders nie. Een van my Zimbabwekliënte sê nou die dag vir my dat daar nog ongveer 18 000 blankes oor is na alles wat gebeur het in Zim. Sy sê haar man gaan vang nog gereeld vis in Kariba en hulle lewenskwaliteit is oor die algemeen goed. Ek verwag dieselfde tendens in SA. Die vraag is of dit vir my en vir jou as kultuurbewuste Afrikaner goed genoeg is. As ons aanvaar dat bogenoemde senario taamlik akkuraat is, wat kan ons doen om ten minste iets van ons Afrikanertrots en -identiteit te laat geld? Ja, jy is heeltemal reg, ons het 'n land nodig, 'n volkstaat, 'n stadstaat – enigiets met 'n amptelike struktuur wat ons ten volle beheer en besit, al is dit klein – liewer dít as 'n dagdroomkoninkryk. Iets wat ons vir onsself kan toe-eien. Die meerderheid Afrikaners gaan ongelukkig nes die Rhodesiërs niks doen om hulleself as groep te laat geld nie, en gaan maar net stadig deel word van die NSA.
Die slotsom is dat dié wat wil deel hê aan 'n Afrikanerprojek, bereid sal moet wees om nederig te begin – van voor af. Ek voorspel daar gaan net een so 'n projek wees oor 20 jaar en dis Orania. Die oorgrote meerderheid sal altyd genoeg argumente hê waarom Orania nie sal werk nie, maar self gaan hulle op die lang duur niks vermag nie. Nes die Rhodesiërs sal hulle met hulle klere aan hulle lywe wegkom as hulle nie deel geword het van die NSA-statistiek nie. Vir die res sal daar altyd 'n plekkie wees soos vir die 18 000 blanke Zimbabwiërs – al kruipende voor hulle Afrikameesters.
