Niemand is vanoggend beseer toe sekuriteitswagte deur vier gewapende mans in PRETORIA aangeval is nie. Polisie segsman JAN LEGOABE sê die sekuriteitswagte het geld by ‘n bekende hardeware saak in Gezina in PRETORIA afgelewer. Hulle het op die aanvallers geskiet wat daarna in ‘n gekaapte voertuig weggejaag het. Bronne sê daar bestaan kommer in polisiegeledere dat Wilde-Weste styl skietgevegte in middedorpe meer algemeen gaan word namate skurke meer astrant word.
