ISRAEL se ambassades is op die hoogste gereedheidsgrondslag geplaas nadat die Hezbollah-leier gedreig het om op enige plek in die wêreld toe te slaan. Dit nadat een van sy top bevelvoerders in ‘n sluipmoord aanval dood is. Die FBI het Amerikaanse anti-terreureenhede op die hoede geplaas om Joodse instellings te beskerm. HASSAN NASRALLAH het Sioniste en die wêreld op die begrafnis van IMAD MUGHNIYEH gewaarsku dat dit ‘n openlike oorlog gaan wees. MUGHNIYEH was die meesterbrein agter terroriste aanvalle wat die lewe van honderde Amerikaners geëis het. ISRAEL se regering ontken dat hy enigsins in die voorval betrokke was maar Israeli militêre beamptes was vaag en het geweier om betrokkenheid te erken of ontken.
