Indiese Premierliga (IPL) kan krieket wêreldwyd ‘n hupstoot gee as organiseerders verseker dat dit nie met internasionale wedstryde oorvleuel nie. Kaptein GRAEME SMITH sê skedulering gaan die sleutel tot IPL se sukses wees. As dit behoorlik hanteer en struktureer word kan dit net tot voordeel van die spel wees. SMITH sê die span fokus nou op die reeks en steur hom min aan die Twintig20 toernooi. Sy eweknie AUSTRALIË se RICKY PONTING het vroeër gesê hy vrees dat internasionale krieket van sy top spelers aan winsgewende kompetisies gaan afstaan tensy hulle lande hulle toelaat om te speel. Die Proteas het gister in BANGLADESJ vir twee toetswedstryde en drie eendagwedstryde aangekom. Hulle speel ook ‘n toets in INDIË voordat die IPL in April afskop.
