Die Britse eerste minister, Theresa May, het Woensdag haar senior ministers vir hul eerste gesprekke sedert die somervakansie oor Brittanje se uittrede uit die Europese Unie (EU) ontbied. Dit kom te midde van berigte oor ernstige verdeeldheid wat die pad vorentoe betref. Die minister van finansies, Philip Hammond, wil glo hê Brittanje moet ‘n ooreenkoms
MIV-Vigslyers kry van vandag dadelik behandeling
Suid-Afrikaners met MIV begin van vandag af met behandeling sodra hulle gediagnoseer is. Die behandeling hang nie meer af van hul CD-4 telling nie. Dit is in ooreenstemming met die Wêreldgesondheidsorganisasie se nuwe MIV-riglyne wat bepaal dat pasiënte dadelik behandeling moet kry sodra daar vasgestel is dat hulle die siekte het. Vroeër is pasiënte eers
Lees verder: MIV-Vigslyers kry van vandag dadelik behandeling
Drie wat veiligheidswag met water spuit vandag verhoor
Drie wit studente van die Universiteit van die Vrystaat sal na verwagting vandag dissiplinêr verhoor word ná ‘n voorval met ‘n veiligheidswag Mmapaseka Mokhutli (foto) op die 16de Augustus. Cosatu het die voorval skerp veroordeel en die aanval as “rassisties” beskryf. Die drie studente het na bewering vloeistof uit ‘n blou bottel na die veiligheidswag
Lees verder: Drie wat veiligheidswag met water spuit vandag verhoor
Dagga-party se aansoek uitgestel
Die Dagga-party se aansoek om die verbod op dagga ongrondwetlik te verklaar is Woensdag in die Wes-Kaap se Hooggeregshof tot Desember uitgestel. Die uitstel is aangevra om die Staat tyd te gun om ‘n verslag oor die huidige daggabeleid in Suid-Afrika te bestudeer. Daggaroker Garreth Prince (foto) sê die party bevraagteken die grondwetlikheid van die
Vuurwapen in Brandfort-plaasaanval soek
Die Valke in die Vrystaat is steeds op soek na ‘n vuurwapen wat gebruik is deur vier vermeende swart plaasaanvallers naby Brandfort Maandag. ‘n Woordvoerder van die Valke, S’fiso Nyakane, sê hulle het hul soektog na ‘n dam naby die veld waar die aanval plaasgevind het, uitgebrei. Charl Gutter is aangeval op sy plaas deur
‘n Miljard se vrugtelose uitgawes in Noordwes
Die Staande Komitee oor Openbare Rekeninge in Noordwes is bekommerd oor die stand van die provinsie se finansiële sake. Dit, volgens komiteevoorsitter, Mahlakeng Mahlakeng. Dit blyk uit die jongste verslag van die ouditeur-generaal dat daar R2 miljard se onreëlmatige uitgawes in die 2014/15-boekjaar was. Noordwes is, na wat berig word, die provinsie met die meeste
Die swempet-haartoets is ook ‘rassisme’
Saint Michael’s School for Girls (SMS) in Bloemfontein kon nie ‘n erger week gekies het vir ‘n netheidtoets van swart leerlinge se wolklosse nie. Leerlinge by Pretoria Girls High School is in opstand oor die “polisiëring” van kroeshare en die bohaai het nou oorgespoel na die Engelse meisiesskool in Bloemfontein. Aangehits deur die ophef op
Wat is die ‘AltRight’?
Donderdag die 25ste Augustus 2016 kan volgens alle aanduidings as ‘n waterskeidingsoomblik in ons politieke, filosofiese en ideologiese diskoers wêreldwyd gesien word, want Donderdag het Hillary Rodham Clinton legitimiteit aan ‘n voorheen taamlik onbekende ideologiese groepering gegee deur hulle op die naam te noem en daarna te kere te gaan soos ‘n hondsdol straatbrak. Dat
WHO hou noodvergadering oor Zika
Reuters berig dat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) Dinsdag aangekondig het dat sy noodkomitee oor Zika vandag sal vergader. Die vergadering sal gehou word om die uitbreking se ewolusie en neurologiese defekte wat met die muskiet-oordraagbare virus gepaard gaan, te bespreek. Die paneel van onafhanklike deskundiges onder leiding van dr. David Heymann, het laas op 14 Junie
Franse skynregse kandidate maak bohaai oor boerkini
Die veldtog om ‘n skynregse kandidaat vir Frankryk se presidentsverkiesing te kies, het tot ‘n woordestryd tussen oudpres. Nicolas Sarkozy (foto) en sy hoofopponent, Alain Juppe, oor die verbod op boerkini-swemdrag gelei. Die vonke tussen die twee kandidate vir November se skynregse voorverkiesing volg nadat verskeie Franse burgemeesters besluit het om ‘n bevel te verontagsaam
Lees verder: Franse skynregse kandidate maak bohaai oor boerkini
