Rusland sê hulle beskou die sluipmoord op die land se ambassadeur in Turkye, Andrei Karlov, as ‘n terreurdaad. Karlov is gisteraand by ‘n kunsgallery in die Turkse hoofstad Ankara doodgeskiet. Beeldmateriaal toon hoe ‘n gewapende man in ‘n pak klere van agter op die ambassadeur losbrand, terwyl hy besig is om ‘n toespraak te lewer.
Lees verder: Rusland veroordeel sluipmoord op ambassadeur as terreurdaad
