Bou eerder Praag se nuusdiens uit

Ek stem volkome saam met Vlad du Plessis dat die Afrikaner kan doen met  'n nuwe koerant wat nie deur die linkse, pro-afrikaanses en anti-Afrikaner Naspes beheer word nie.

Die probleem is egter geld. So 'n tien jaar of wat gelede het ek as oud-joernalis (Perskor) by 'n paar kundiges gaan kers opsteek oor hoeveel geld ons nodig het om 'n nuwe koerant te begin en waar ons dit gaan kry. Die kundiges het toe reeds gese^ dat jy minstens R50 miljoen nodig het om so 'n koerant op te bou tot waar dit lewensvatbaar is. Ek vermoed daardie syfer moet nou op R100 miljoen gestel word.

 

Toe reeds was die probleem dat die groot geldmanne wat Afrikaanse vanne en agtergronde het, soos die Ruperts, die Wieses, die Bassons, die Moutons en die ander groot name van die KWV, Distell en andere almal voor die voet eerder Naspers aanhangers is en min tyd het vir hierdie klomp agterlike, bekrompe Afrikaners – soos ek en JH du Toit en ander wat tuis voel hier by Praag.

 

En deesdae is die probleem dat 'n nuwe Afrikaanse koerant eenvoudig nie advertensies gaan trek om te kan voortbestaan nie – gaan kyk hoe neem Afrikaanse advertensies in die Naspers-koerante af en hoe baie Engelse advertensies dra hulle – om nie eens te praat van die adverteerders in hierdie koerante en tydskrifte wat hulle ware aan ons wil verkwansel met gebruik van foto's, ens van swartes nie. Bykbaar glo die manne van die advertensiewese jou wragtag dat ek 'n produk gaan koop wat deur 'n andersoortige en volksveemde aan my afgesmeer word!

 

En dan gaan die elektroniese nuusmedia soos Praag se nuusblad die inding van die toekoms wees. Gaan kyk gerus op die internet hoe eens groot koerante in die VSA besig is om te vou of hul ware op die internet probeer aanbied. Dit is die tendens.

 

Dus: Bou Praag se nuusdiens uit. Vertel al jou vriende en kennisse daarvan, help met berigte en artikels en bou so 'n baie doelreffender teenvoeter teen die anti-Afrikanermedia as net nog 'n koerant.  Gee ook steun aan ander pro-Afrikaner elektroniese instansies, maar kyk maar eers mooi wie hulle is. Hierdie klomp IsraelVisie ouens is steeds met ons en alles behalwe stil en rustig!

roulette noФильчаков прокурор харькова

Verdere vuurwapenlisensies kan nie geweier word

Die Vryheidsfront Plus het ‘n skrywe aan die minister van Veiligheid en Sekuriteit, mnr. Nathi Mthethwa, gestuur waarin hy, ingevolge die Gelykheidswet (Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillikke Diskriminasie, Wet 4 van 2000), versoek word om verdere herregistrasie van vuurwapens toe te laat.

“Dit is uiters onbillik om vuurwapeneienaars wat nie die spertyd van 31 Maart gehaal het nie, nou te verbied om steeds aansoek te doen vir herregistrasie. Eienaars wat nie die vorige spertye, volgens hulle geboortemaande gehaal het nie, kon daarna nog steeds aansoek gedoen het. Daar is nou ongelyke behandeling teenoor die laaste groep wat in Oktober tot Desember verjaar het. Dit is ook nie eienaars se skuld indien die polisie nie oor die administratiewe vermoë beskik het om die stormloop te kon hanteer nie. Indien ‘n persoon by die polisiestasie was op 31 Maart, maar nie gehelp kon word nie, is daar skuld aan die kant van die Minister”, sê mnr. Pieter Groenewald (LP), hoofwoordvoerder van Veiligheid en Sekuriteit vir die Vryheidsfront Plus.    

“Ten einde gelyke behandeling te verseker in terme van die Gelykheidswet, kan en behoort die minister herregistrasie tot middel Junie 2009 toe te laat. Dit is steeds binne die bepalings van die Vuurwapenwet, want klousule 11 van Bylae 1 van die Vuurwapenwet (Wet 60 van 2000) gee die Minister kans tot voor 30 Junie 2009”, het Groenewald gesê.

siteлобановский политик

Amnestie sal aangebied word vir militantes

Die president van Nigerië het gesê sy regering sal amnestie gee aan militantes in de land se olieproduserende suide.

President Umaru Yar’Adua sê sy administrasie werk aan die voorwaardes vir amnestie, wat maatreëls sal insluit om voormalige militantes te herintegreer in die burgerlike samelewing indien hulle sal instem om hul wapens neer te lê.

Drie jaar van toenemende geweld in die Nigerdelta het gelei tot ‘n 25% afname in produksie – tot minder as 2 miljoen vate per dag.

Die militantes se veldtog om pyplyne te bombardeer is gemik daarop om die regering te dwing om meer olie-industriefondse na hulle te kanaliseer.

Die regering sê die militante is nie veel beter as gewone misdadigers wat politieke retoriek gebruik om hulle winsgewende handel in gesteelde olie te verskans nie.Метро Текстильщики теннисtopcargo развод

Man gevang vir gewapende roof

‘n 35-Jarige Nigeriese man is by Gleninkopiesentrum suid van Johannesburg gearresteer vir gewapende roof nadat hy na bewering ‘n man gyselaar gehou het, het Gauteng polisie Donderdag gesê.

Kaptein John Maluleke het gesê die man is omstreeks 9:30 vm. Woensdagoggend deur die Johannesburg blitspatrollie gearresteer.

Die arrestasie het gevolg na personeel by die Gleninkopiesentrum se tak van ENB-tak aan polisie vertel het dat ‘n kliënt hulle ingelig het dat hy deur twee mans gyselaar gehou word.

Aanvanklike ondersoeke het onthul dat die 36-jarige man deur twee mans beroof is na hy geld getrek het  by ‘n Absa-OTM in Fordsburg teen omtrent 7:50 Dinsdagaand.

Die twee mans het hom met messe gedreig en in hulle maroen Opel Corsa in gedwing. Die kar se registrasie is XDX579GP.

Hy is na ‘n FNB OTM-geneem in Rosettenville waar hy gedwing is om sy daaglikse limiet van geld te onttrek.

Hy is daarna na ‘n huis geneem waar hy in die badkamer toegesluit is vir die nag.

Teen omtrent 9:00 Woensdagoggend is hy na die Gleninkopiesentrum se ENB geneem om nog geld te onttrek.

Die man kon daarin slaag om die bankpersoneel in te lig van sy dilemma en polisie is ontbied. Een van die twee mans is gearresteer terwyl die ander een weggekom het.

Hy sal binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

лосины для девочки 5 летФильчаков прокурор отзывы

ANC soebat Afrikaners om te bly

ANC-tesouriergeneraal Mathews Phosa het Dinsdag Afrikaners gesmeek om Suid-Afrika nie te verlaat nie.

“Bly asseblief in Suid-Afrika,” het Phosa aan ‘n vergadering tussen die regerende party en verteenwoordigers van die Afrikaanse gemeenskap by die Hiltonhotel in Sandton gesê.

“Suid-Afrika het jou nodig,” het hy gesê in Afrikaans – op versoek van ANC-president Jacob Zuma.

Hy het ook ‘n beroep gedoen op die teenwoordiges om aan die wat reeds die land verlaat het ‘n goeie rede te gee om terug te kom.

Verskeie Afrikanerbelangegroepe het voorleggings gemaak aan die ANC gedurende die vergadering tussen die twee groepe.

Vroeër het Zuma Afrikaners die enigste ware Suid-Afrikaners onder die blankegroepe in die land genoem.

“Van al die blankegroepe in Suid-Afrika is dit net die Afrikaners wat ware Suid-Afrikaners in die sin van die woord,” het Zuma gesê.

Phosa het gepraat teen die einde van die daglange vergadering voordat hy die podium aan Zuma oorhandig het.

Hy het ook die waargeneemde diskriminasie by die SAUK aangespreek, en gesê die uitsaaier se huis is besig om ineen te stort.

‘n Lid van die gehoor het bygevoeg: “Hy het klaar geval.”

Phosa het gesê daar is geen plek vir diskriminasie in die SAUK of in enige ander plek in Suid-Afrika nie.

Hy het gesê die ANC “het baie mooi geluister en het baie geleer” van die gesprekke.

poteha-detyamДанильченко Юрий Брониславович Харьков

Wat ‘n dag met Zuma!

ImageAfrikaanse organisasies van oor die hele spektrum, vanaf die mistiek regse Boerevryheid van dr. Lets Pretorius, tot die politiese korrekte ATKV met Danny Titus aan die stuur, het gister in die Hilton-hotel in Sandton hul harte uitgestort teenoor die ANC-leier, Jacob Zuma.

Almal was dit agterna eens dat gister 'n merkwaardige dag was. Reeds tydens sy openingstoespraak het Zuma heel ander geluide gemaak as wat ons tot dusver van die ANC te hore gekry het. Hy het Afrikaners geprys vir hul bydrae tot die ontwikkeling van die land en erken dat hulle 'n unieke rol in die totstandkoming van die land gespeel het.

Trouens, soms moes 'n mens jouself knyp om seker te maak dat jy hoor wat jy hoor, want by tye het dit selfs geklink asof Zuma meen apartheid was ná alles nie so 'n groot sonde nie. Geen wonder die DA het Zuma agterna gekritiseer vir sy verklaring dat Afrikaners die enigste ware blanke Suid-Afrikaners is nie. Want indien Zuma 'n blanke was, sou hy sekerlik deur die DA as rassis uitgekryt gewees het weens sy stellings oor apartheid waarvan hy sommige aspekte as "innoverend" beskryf het.

Blykbaar het die hele geleentheid die ANC – en seker indirek die belastingbetaler – R500 000 uit die sak gejaag, met 'n smaaklike middagete wat voorgesit is. Dis seker gelykstaande aan die jaarlikse begroting van sommige Afrikaanse organisasies wat teenwoordig was, maar wat een en almal opgeruk het om hul sê te kom sê.

Sommiges, soos die ATKV en Afrikanerbond, was voorspelbaar polities korrek en het bloot hul clichés oor "diversiteit" en "diensbaarheid aan die regering" herhaal, maar die meeste organisasies het kritiek teenoor die ANC-leier uitgespreek, sonder om doekies om te draai.

Deur die bank het almal gevoel dat regstellende aksie onregverdig is en dat geweldsmisdaad 'n onhoudbare probleem geword het. Diskriminasie teen en miskenning van Afrikaans het ook gereeld op die klagtelys verskyn en sowel Jacob Zuma as Matthews Phosa moes deeglik kennis neem van Afrikaners se besorgdheid oor hul taal, hul skole, universiteite en ander instellings wat onder die ANC so gruwelik verwaarloos of verengels word.

Zuma is 'n goeie spreker wat die gehoor oortuig het dat hy nie bloot met 'n publisiteitsfoefie besig is nie, maar werklik die staat se vyandigheid en overskilligheid teenoor Afrikaners wil omkeer. Hy is ook 'n diplomaat wat die soms skerp kritiek teen die ANC-bewind rustig en met begrip aangehoor het. Izak Burger van die Apostoliese Geloofsending het hom veral gekasty oor sommige van sy uitsprake waarin hy na bewering die Here Jesus se naam ydellik gebruik het deur byvoorbeeld te sê dat die ANC "tot Jesus kom" gaan regeer. Hoewel sy antwoord nie heeltemal oortuig het nie, het Zuma tog getoon dat hy sensitief is vir die Afrikaner se godsdiensgevoel, homself insgelyks as 'n Christen beskryf en om verskoning gevra indien sy uitlatings aanstoot gegee het.

Ook die nuwe wapenwet is geopper, onder andere deur PRAAG, en daar is gevra of ons dan krygsgevangenes is wat in die tou moet staan om ons wapens prys te gee.

Dr. Koos Malan van die Regslui vir Afrikaans het heeltemal korrek opgemerk dat Zuma nie die Afrikanerstem nodig het om 'n meerderheid te behaal nie. Daarom was hy nie besig met 'n verkiesingsveldtog nie, maar het wel tot dusver blyke van opregtheid gegee in sy bereidheid om na Afrikanerprobleme te luister. Volgens Malan toon Zuma hiermee leierskap, wat nie noodwendig tydens die Mbeki-tydvak gegeld het nie.

Ekself het 'n verdere pleidooi gelewer dat ons 'n eie Afrikaneronderwysowerheid moet verkry waardeur die oorblywende Afrikaanse staatskole, asook een of twee universiteitskampusse, aan Afrikaners oorgedra behoort te word.

'n Woord wat telkens opgeduik het en aanvanklik deur Matthews Phosa gebruik is, was "hardegatgeit". Die gevoel was dat die sogenaamde "hardegat-Afrikaner" juis respek afdwing en nou weer na vore moet kom. Daar is nie na die teenoorgestelde figuur van die "kruipende Afrikaner" verwys nie, maar dit was opvallend dat daar nie meer, soos onder FW de Klerk en Roelf Meyer, 'n verskonende en onderdanige houding teenoor die ANC ingeneem word nie, maar reguit gepraat word deur die meeste organisasies wat teenwoordig was.

Aan die einde het Zuma 'n staande toejuiging van die afgevaardigdes ontvang, wat myns insiens geregverdig was. Waarskynlik neem Zuma 'n bepaalde risiko om so tegemoetkomend teenoor Afrikaners op te tree, terwyl sy linkervleuel, waaronder die Engelse radikales in sy party, steeds van hom verwag om Afrikaners eerder te ondergrawe as om met begrip na hulle te luister. Ook die buiteland, in die vorm van Brittanje en die VSA, kan beswaarlik beïndruk wees dat hy as't ware die Afrikaner, wat as sondebok vir die Weste se koloniale sondes gebrandmerk is, gerehabiliteer het deur ons nie meer as mense wat 'n sogenaamde "misdaad teen die mensdom" gepleeg het te behandel nie. Sekerlik stik menige Britse of Amerikaanse liberalis vandag in sy oggendtee deur Zuma en die Afrikaners so gesellig saam te sien kuier.

Zuma het veral sy waardering vir Afrikanerlandbou uitgespreek en heel moontlik kan ons 'n nuwe benadering teenoor ons boere van die inkomende ANC-bewind verwag.

Aan die einde het die ANC-president, wat na alle waarskynlikheid Suid-Afrika se volgende president gaan wees, belowe dat gister se gesprek 'n permanente forum moet word waar Afrikanerprobleme gereeld geopper kan word.

Ironies genoeg is Zuma besig om ook op 'n manier die Afrikaner te verenig, ná al ons onderlinge verdeeldheid en politieke gevegte van die afgelope dekades. Nie alle organisasies was gister teenwoordig nie, maar gegewe die breë spektrum wat wel daar was, kan ons sê dat ons uiteindelik oor 'n verteenwoordigende vergadering beskik. Al is die sameroeper dan ook 'n Zoeloe wat van korrupsie verdink word.

Selfs al kom daar niks verder van gister se vergadering nie – en alle aanduidigings is dat ons wel op die vooraand van 'n nuwe Afrikaner-ANC-politiek in Suid-Afrika verkeer – het Jacob Zuma dus reeds die byna onmoontlike reggekry: om sulke uiteenlopende Afrikaners in een saal bymekaar te kry.

машини на радиоуправлениилобановский александр биография

Man vat ?onbeskofte’ verkeersbeampte aan

ʼn Onbeskofte verkeersbeampte het die 39-jarige Chris de Beer warm onder die kraag gehad toe hy op ʼn rooi lyn geparkeer het en die verkeer so vir meer as 20 minute geblokkeer het.

“Ek was in my kar in ʼn parkeerspasie . Die verkeersbeampte het vir 20 minute lank in sy kar gesit wat op ʼn rooilyn geparkeer was. Toe ek aan hom gesê het dat hy die verkeer blok en hom gevra het wat hy daar maak het hy gesê ‘Dit het niks met jou uit te waai nie’ ”

Toe de Beer met sy selfoon ʼn foto geneem het wou die verkeersbeampte weet hoekom hy dit doen. De Beer het die beampte gevra om homself te identifiseer het hy klaarblyklik geweier om dit te doen.

“Hy het aan my gesê ek moet fokkof en het sy kollegas op die radio ingeroep.” De Beer het gesê 5 verkeersvoertuie het op die toneel aangekom.

“Toe ek aan hulle gesê het die ou (die verkeersbeampte) wil nie sy motor skuif nie wou hy skielik weet: ‘Wie is jou ou – hoekom gebruik jy nie my naam nie? ”

De Beer het gesê nie een van die 7 verkeersbeamptes op die toneel was bereid om hulleself te identifiseer nie.

“Die man wat oorspronklik op die toneel was het toe skielik baie braaf geword. Hy het met sy vinger na my gewys en my gevloek.”

De Beer se broer Jean het hom oortuig om die saak daar te laat.

“Indien ek onbeskof was met die man was dit heeltemal ʼn ander saak, maar sy houding was een van ‘ek is die wet’ ”

Oos-Kaap verkeerswoordvoerder Nvedo Kumbaca het gesê die publiek moet die relevante verkeersdepartemente in kennis stel van enige verdagte optrede van verkeersbeamptes.

De Beer het gesê dat hy die verkeerddepartement geskakel het om die saak aan te meld, maar dat die verkeershoof nie beskikbaar was nie.

комбинезон рейма для девочкиДанильченко Юрий Харьков

Londen stad ontwrig deur anti-G20 betogers

Omtrent 400 betogers het deel van Londen se finansiële distrik afgesluit vir die groter deel van Woensdag, ʼn dag voor die G-20 beraad hierso, terwyl hulle slagspreuke geskreeu het soos “storm die banke” en “julle is skandelik”, maar die hele ding het net eenkeer in geweld oorgekook.

Omtrent 2uur , verskeie ure na die protes begin het, het ʼn handvol betogers vensters van die Koninklike Bank van Skotland gebreek. Dié bank het ʼn simbool geword van die finansiële krisis as gevolg van rekordverliese wat regeringshulp geverg te om te oorkom.

Sommige het slagspreuke soos “klasseoorlog” op die fasade geverf terwyl ander rekenaars deur die gebreekte vensters en dit op die straat stukkend gegooi het. Toe die polisie ingetree het om die stropery te stop, het Liam Edin, ʼn student gesê “die polisie beskerm die mense teen wie hulle behoort op te tree: die bankiers.”

Teen vroegaand, toe die meeste betogers uitmekaar gegaan het, was daar 23 arrestasies. Geen ernstige beserings is aangemeld nie.

детский товартопкарго отзыв

Vierfonteinmoorde veroordeel

Die kommersiële boere vereniging, Vrystaat Landbou, het die brutale moord op twee Vrystaatboere as bejammerenswaardig bestempel.

Vrystaat landbou president Louw Steytler het die lafhartige en veragtelike daad van die moordenaars ten sterkste veroordeel.

“Ek wil boere aanmoedig om betrokke te raak by Vrystaat Landbou se landelike veiligheidsplan,” het hy in ʼn verklaring gesê.

Dit volg na die arres van ʼn 25-jarige swartman Dinsdagoggend op die plaas van die 82-jarige Jan van Wyk by Vierfontein.

Na bewering is die man deur lede van Vrystaat Landbou se landelike veiligheidsorganisasie gevind waar hy besig was om die stoep te vee en kos te maak. Van Wyk se verminkte liggaam is in die eetkamer van die huis gevind.

Dit is later gevind dat die man ook betrokke kon wees in ʼn noodlottige aanranding die vorige aand op nog ʼn Vierfontein boer, Basie Venter, 65, die vorige nag.

Venter se vrou, die 68-jarige Mary het klaarblyklik die aanval omstreeks kwart oor nege die aand gesien deur ʼn venster van die huis. Venter is met ʼn ysterstaaf aangeval.

Steytler het die organisasie se simpatie een die slagoffers se familie uitgespreek.

“Ons is jammer oor die brutale aanvalle en moorde op die boere.”

Steytler het gesê die moorde wat voorkom of dit moetieverwant was, was barbaars en het gee plek in ʼn moderne wêreld nie.

Kroonstad polisiewoordvoerder Maselela Langa het die insidente bevestig.

Hy het gesê ʼn 25-jarige Lesothoburger het Woensdag in die landdroshof op Viljoenskroon verskyn. Die saak is uitgestel tot 7 April.

игра для дивчатлобановский александр жена

SA open konsulaat in Soedan

Suid-Afrika het ʼn konsulaat in Juba, suidelike Soedan geopen, het die departement van buitelandse sake Woensdag aangekondig.

Die nuwe missie “sal bydra tot die fasilitering van beweging van besigheidsmense tussen die twee lande”, het die departement in ʼn verklaring gesê.

Suid-Afrikaanse uitvoere na Soedan het oor die laaste jaar toegeneem, van R346-miljoen in 2007 tot R718-miljoen in 2008. Dit het ingesluit basiese metale, masjinerie, houtpulp, plastiek en chemikalieë.

Buitelands sake het opgemerk dat die twee lande “goeie bilaterale verhoudinge” het.

компрессор для покраскиФильчаков