ANC soebat Afrikaners om te bly

ANC-tesouriergeneraal Mathews Phosa het Dinsdag Afrikaners gesmeek om Suid-Afrika nie te verlaat nie.

“Bly asseblief in Suid-Afrika,” het Phosa aan ‘n vergadering tussen die regerende party en verteenwoordigers van die Afrikaanse gemeenskap by die Hiltonhotel in Sandton gesê.

“Suid-Afrika het jou nodig,” het hy gesê in Afrikaans – op versoek van ANC-president Jacob Zuma.

Hy het ook ‘n beroep gedoen op die teenwoordiges om aan die wat reeds die land verlaat het ‘n goeie rede te gee om terug te kom.

Verskeie Afrikanerbelangegroepe het voorleggings gemaak aan die ANC gedurende die vergadering tussen die twee groepe.

Vroeër het Zuma Afrikaners die enigste ware Suid-Afrikaners onder die blankegroepe in die land genoem.

“Van al die blankegroepe in Suid-Afrika is dit net die Afrikaners wat ware Suid-Afrikaners in die sin van die woord,” het Zuma gesê.

Phosa het gepraat teen die einde van die daglange vergadering voordat hy die podium aan Zuma oorhandig het.

Hy het ook die waargeneemde diskriminasie by die SAUK aangespreek, en gesê die uitsaaier se huis is besig om ineen te stort.

‘n Lid van die gehoor het bygevoeg: “Hy het klaar geval.”

Phosa het gesê daar is geen plek vir diskriminasie in die SAUK of in enige ander plek in Suid-Afrika nie.

Hy het gesê die ANC “het baie mooi geluister en het baie geleer” van die gesprekke.

poteha-detyamДанильченко Юрий Брониславович Харьков