ʼn Onbeskofte verkeersbeampte het die 39-jarige Chris de Beer warm onder die kraag gehad toe hy op ʼn rooi lyn geparkeer het en die verkeer so vir meer as 20 minute geblokkeer het.
“Ek was in my kar in ʼn parkeerspasie . Die verkeersbeampte het vir 20 minute lank in sy kar gesit wat op ʼn rooilyn geparkeer was. Toe ek aan hom gesê het dat hy die verkeer blok en hom gevra het wat hy daar maak het hy gesê ‘Dit het niks met jou uit te waai nie’ ”
Toe de Beer met sy selfoon ʼn foto geneem het wou die verkeersbeampte weet hoekom hy dit doen. De Beer het die beampte gevra om homself te identifiseer het hy klaarblyklik geweier om dit te doen.
“Hy het aan my gesê ek moet fokkof en het sy kollegas op die radio ingeroep.” De Beer het gesê 5 verkeersvoertuie het op die toneel aangekom.
“Toe ek aan hulle gesê het die ou (die verkeersbeampte) wil nie sy motor skuif nie wou hy skielik weet: ‘Wie is jou ou – hoekom gebruik jy nie my naam nie? ”
De Beer het gesê nie een van die 7 verkeersbeamptes op die toneel was bereid om hulleself te identifiseer nie.
“Die man wat oorspronklik op die toneel was het toe skielik baie braaf geword. Hy het met sy vinger na my gewys en my gevloek.”
De Beer se broer Jean het hom oortuig om die saak daar te laat.
“Indien ek onbeskof was met die man was dit heeltemal ʼn ander saak, maar sy houding was een van ‘ek is die wet’ ”
Oos-Kaap verkeerswoordvoerder Nvedo Kumbaca het gesê die publiek moet die relevante verkeersdepartemente in kennis stel van enige verdagte optrede van verkeersbeamptes.
De Beer het gesê dat hy die verkeerddepartement geskakel het om die saak aan te meld, maar dat die verkeershoof nie beskikbaar was nie.
