Die minister van buitelandse sake van Sirië het president Barack Obama se boodskap tydens sy besoek aan Turkye aan die Arabiese en Moslemwêreld geprys. Arabiere regoor die Midde-Ooste is verbly deur die Amerikaanse president se belofte dat hy sal druk uitoefen vir 'n Palestynse staat.
Sy besoek aan Turkye was sy eerste aan 'n hoofsaaklik Moslemland. Hy het uitgereik na Moslems deur te verklaar dat die VSA nie tans in 'n oorlog teen Islam gewikkel is nie en nooit sal wees nie. Hy het in Ankara verwys na die vredesproses tussen Israel en die Arabiere en sy wens uitgespreek dat die skep van 'n Palestynse staat naas Israel as doelwit gestel behoort te word.
In 'n onderhoud wat hierdie week gepubliseer is, het die Siriese minister van buitelandse sake, Walid Moallem, gesê dat Obama se toespraak duidelik toon dat die VSA 'n tweestaatoplossing nastreef.

Kaapse regterpresident John Hlophe het klaarblyklik toegang gehad tot notas tussen regters van die grondwethof, het die Geregtelike Dienskommissie Woensdag gehoor.
‘n Skare van meer as 10 000 jong Moldawiërs het Dinsdag asof uit die niet verskyn om protes aan te teken teen Moldawië se kommunistiese regering. Hulle het regeringsgeboue gestroop en met die polisie gebots.