Hlope het geweet daar is ?geen saak teen Zuma?

ImageKaapse regterpresident John Hlophe het klaarblyklik toegang gehad tot notas tussen regters van die grondwethof, het die Geregtelike Dienskommissie Woensdag gehoor.

Hlophe het gespog by regter Bess Nkabinde dat hy ‘n lys gekry het van mense wat geïmpliseer word in die multimiljardrandwapenstransaksie by die Nasionale Intelligensie Agentskap, het sy gesê.

“Hy (Hlophe) het verder verduidelik dat daar geen saak teen mnr Jacob Zuma is nie,” het Nkabinde in Johannesburg voor die GDK getuig.

“Hy (Hlophe) het gesê daar is ‘n lys van mense wat ook almal in die wapentransaksie betrokke was, hy het die lys van die Nasionale Intelligensie Agentskap gekry en het iets gesê in die lyn van dat sommige van die mense wat op die lys verskyn hulle poste sal verloor wanneer mnr. Zuma president word,” het Nkabinde gesê.

интернет магазин детских товаровлобановский александр дочь

Maak 'n opvolg-bydrae