Polisie het Donderdagoggend dagga met ‘n geskatte straatwaarde van ongeveer R1,2 miljoen gekonfiskeer omtrent 10km van die land se Kwaggasnek-grenspos met Lesotho.
Superintendent Bonisile Sigobe het gesê die dagga was in 12 groot sakke – wat elke meer as 100kg geweeg het – op die bak van ‘n Toyota Hilux-bakkie.
Die twee insittendes het nie deur die grenspos gery nie, maar ‘n pad gebruik wat nie deur doeanebeamptes beman word nie, het hy gesê.
Hulle is beide Lesothoburgers, met ouderdomme 27 en 31 en word aangehou by die Malutipolisiestasie in die Oos-Kaap.
‘n Vuurwapen en ammunisie wat Maart gesteel is in Maclear is ook in hulle besit gevind, het Sigobe gesê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.