praag.co.za

Verryn, vlugtelingvriend, met die dood gedreig

Written by

in

Twee mans is Woensdagaand gearresteer na hulle doodsdreigemente gemaak het teen biskop Paul Verryn.

“Twee verdagtes is gearresteer vir intimidasie en afpersing by die sentrale Metodistekerk,” het kaptein John Maluleke gesê.

Verryn het Maandag die eerste doodsdreigement ontvang van die mans, beide Zoeloesprekende Suid-Afrikaners. Hy het daarna ‘n klag by die polisie gaan lê.

Verryn het gesê die mans beweer dat hulle deur sakemanne wat naby die kerk sake doen, gehuur is en dat hulle professionele moordenaars is wat aktief is in taxigeweld.

Dit is Dinsdag opgevolg deur ‘n oproep van die twee mans wat beweer het dat die besigheidseienaars reeds die eerste paaiement van R30 000 oorhandig het.

Verryn het gesê dit is as gevolg hiervan dat hy vermoed het dat die mans probeer het om hom af te pers vir geld.

Saam met die afpersing glo die biskop dat die dreigemente ook “gesien kan word as ‘n poging waarin mense probeer om alle opposisie teen xenofobie uit die weg te ruim”.

Maluleke het gesê die twee mans wat gearresteer is sal Dinsdag in die Johannesburgse landdroshof verskyn.

для пескоструядепутат лобановский

Comments

Leave a Reply