Die uitvoerende redakteur Marcus Brauchli het die reeks, bekend as die "Mouthpiece Theater" Woensdag tot niet verklaar en die laaste gewraakte episode Vrydag van die koerant se werf verwyder.
In die video is 'n Withuiskorrespondent en een van die koerant se bloggers te sien met aandpakke aan, waar hulle die soort bier wat politici drink, bespreek. Die korrespondent sê dan hy kan nie bekend maak aan wie president Barack Obama die "Mal Teef Bier" sal bedien nie.
Die opmerking word gevolg deur 'n foto van Hillary Clinton wat op die skerm verskyn.
'n Vrouegroep, Women, Action and the Media, het 'n brief aan die Post oorhandig wat deur 32 vroue onderteken is. Hulle voel die video is seksisties en smaakloos.
Die grapmaker sê hy is jammer oor die video, maar het gesê hy twyfel of Clinton die video gesien het of selfs "Mouthpiece Theater".
Hy sal graag die Amerikaanse minister van buitelandse sake persoonlik wil om verskoning vra… oor 'n glas bier.
Brauchli het die grap egter 'n "ernstige oordeelsfout" genoem.
Die uitgewer van die Post, Katharine Weymouth, het verlede maand 'n verskoning geëis nadat 'n omsendbrief rondgegaan het waarin daar aangekondig is dat sy sakeleiers en lobbygroepe voortaan geld gaan vra om intiem te vergader vir ete met regeringsamptenare en die koerant se joernaliste by haar woning.

