Navorsers van die London School of Hygiene & Tropical Medicine sê verbruikers betaal hoë pryse vir die sogenaamde gesondheidsvoordele wat 'n wêreldwye markaandeel van 'n geraamde $48 miljard in 2007 verseker het.
'n Sistematiese oorsig van 162 wetenskaplike studies in gesiene publikasies oor die afgelope 50 jaar het egter aan die lig gebring dat daar nie noemenswaardige verskille is nie.
Alhoewel daar klein verskille in die voedingswaarde is tussen verskillende kosse is, is dit nie genoeg om openbare gesondheid te beïnvloed nie, sê die navorsers.
Die verslag sê daar is geen getuienis bestaan dat organiese voedsel oor meer voedingswaarde beskik as gewone kos nie.
Die verslag is deur die Britse regering se Food Standards Agency, aangevra en in die American Journal of Clinical Nutrition gepubliseer.
Organiese kosverkope, wat eers teen 26% per jaar toegeneem het, het aansienlik gedaal in sekere markte, ook in Brittanje, danksy die resessie.
