'n Nuwe vertakking van die Vigsvirus is in Kameroen ontdek. In Maandag se uitgawe van die tydskrif Nature Medicine skryf navorsers dat dié een verskil van die drie ander soorte wat tot dusver bekend is en baie in gemeen het met 'n aapvirus wat in wilde gorillas voorkom.
Die ontdekking noodsaak die nougesette studie van variante van die virus sê Jean-Christophe Plantier van die Universiteit van Rouen, Frankryk.
Die drie reeds bekende MIV-vertakkings is almal aan 'n aapvirus verbind wat in sjimpansees voorkom.
Die mees logiese verduideliking is om gorilla-tot-mens transmissie te bewys sê Plantier se span. Dit kon egter in sjimpansees begin het en daarna na gorillas versprei het voordat mense in aanraking daarmee gekom het, of dit kon deur sjimpansees gelyktydig na gorillas en mense oorgedra gewees het.
Die 62-jarige vroulike pasiënt is in 2004 positief vir MIV getoets, kort nadat sy van Parys na Kameroen getrek het. Sy woon naby Yahounde, die hoofstad van Kameroen, en sê sy het geen kontak met die groot ape gehad nie of sogenaamde bosvleis, vleis van wilde diere soos ape, geëet nie
