Dertig navorsers en tegnici, asook bemanningslede van die Scripps Institution of Oceanography in San Diego het Sondag vertrek om te gaan vasstel waarom daar so baie klein stukkies plastiek in die Gyre-gebied versamel en hoe dit seelewe beInvloed.
Die plastiekvullis kom bymekaar vanweë sirkulêre seestrome naby Hawaii en tussenin Japan en die wekus van die VSA.
Die fokus van die studie sal wees hoe plankton en ander mikroorganismes daardeur geraak word, asook kleiner vissoorte en voëls.
Die New Horizon is toegerus met 'n laboratorium aan boord, maar die wetenskaplikes sal ook monsters vir verdere studie terugbring.
Baie min is bekend oor die "Vullisvierkant" alhoewel vaartuie dit dikwels teëkom en daaroor berig. Omdat dit meestal plastiek net onder die wateroppervlak is,. kan dit nie deur vliegtuie en satellietbeelde gesien word nie.
Die vullis migreer na gelang van seisoen, sover as 1 600km noord of suid. Hoe warmer, hoe meer suid dryf die versameling afval.
